Bianca Buitendag (9 November 1993) is 'n Suid-Afrikaanse professionele branderplankryer. Sy het Suid-Afrika verteenwoordig by die Olimpiese Somerspele 2020, waar sy 'n silwer medalje gewen het in die kortbordkompetisie vir vroue.[1]
Buitendag is in George, Wes-Kaap, gedurende 1993 gebore. Sy het grootgeword naby die strand van Valsbaai buite Kaapstad. Met haar pa se aanmoediging het sy op agtjarige ouderdom saam met haar twee broers leer branderplank ry. Toe sy twaalf was, verhuis haar gesin na die Suid-Kaap streek.
Sy het 'n graad in rekeningkunde en finansies behaal aan die Northeastern-universiteit, VSA.[2]
In 2015 is haar pa, Collin Buitendag, oorlede. Sy het desnieteenstaande haar beste in haar loopbaan geëindig as vierde beste in die wêreld, volgens die World Surf League se ranglys.[3] Die jaar daarna was sy 12de in die wêreld.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |