Blin, blintsjik | ||
’n Bord met blini, ook genoem blintsjiki. | ||
Soort gereg | Pannekoek | |
Land | Rusland | |
Hoofbestanddeel | Meel | |
Ander bestanddele | Melk, eiers, suiker | |
Soortgelyke geregte | Plaatkoekie, crêpe, flapjack |
’n Blin (meervoud: blini; Russies: блин, блины; verkleinwoord: блинчик, blintsjik) is ’n soort Russiese pannekoek wat tradisioneel van koring- of (al hoe minder) van bokwietmeel gemaak en saam met suurroom, dikmelkkaas, botter, kaviaar en ander bykosse voorgesit word.[1]
In Russies is blin die enkelvoud en blini die meervoud, maar omdat die enkelvoud so selde voorkom, gebruik baie mense in ander tale die woord "blini" vir die enkelvoud. Die Afrikaanse (dubbele) meervoud is dan "blini's". Soms word die verkleinwoord, blintsjik(i), gebruik. Die Russiese woord kom van die Oudrussiese млинъ (mlin).[2] Dit het oorspronklik ’n gereg van gemaalde meel beteken, afgelei van die Oekraïense term mlin vir "meul" en vandaar die Oekraïense woord млинець (mlinets) vir blin.
Die Joodse blintz het blykbaar uit die blin ontstaan. Dit is ’n dun pannekoekie wat gewoonlik van koringmeel gemaak en om ’n vulsel van kaas of vrugte gevou word. Dit word dan weer gebraai of gebak.[3]
Die vroeë Slawiërs in voor-Christelike tye het blini as ’n simbool van die son beskou vanweë hul ronde vorm en goue kleur.[4] Hulle is tradisioneel aan die einde van die winter gebak om die geboorte van die nuwe son te vier; dit is "Botterweek" (Maslenitsa) of "pannekoekweek" genoem.[4] Die viering is deur die Oosters-Ortodokse Kerk in ’n godsdiensfees verander en word vandag steeds gehou. Blini word egter nie as ’n rituele kossoort beskou nie en kan enige tyd geëet word.
Tradisionele Russiese blini word gemaak met ’n gegiste deeg wat gelos word om te rys en dan met melk, suurmelk, koue of kookwater verdun word. Wanneer kookwater gebruik word, word dit ook заварные блини (zawarnije blini, "vlapannekoeke") genoem. ’n Ligter, dunner pannekoek wat van ongegiste deeg gemaak word (gewoonlik van meel, eiers, melk, kefir of ander suurmelk), is ook algemeen. Blini is tradisioneel in ’n Russiese oond gebak, maar word deesdae meestal in ’n pan gebraai. Enige soort meel kan gebruik word, maar koringmeel is tans die gewildste.
Blini kom ook in die Joodse kookkuns voor. Hoewel dit in Judaïsme met geen spesifieke godsdienstige ritueel verbind word nie, word hulle dikwels op vakansiedae soos Chanoeka (omdat olie 'n sleutelrol in die Chanoekawonder gespeel het) en Sjavuot (wanneer suiwelgeregte tradisioneel volgens die Asjkenasiese minhag bedien word) met ’n kaasvulsel in olie gebraai. Blintze kry gewoonlik ’n vulsel as hulle ’n tweede keer gebraai word, maar kan ook sonder ’n tweede braai met ’n vulsel geëet word; andersins word hulle gevou en saam met ’n doopsous genuttig. Vulsels sluit in sjokolade, sampioene, vleis, fynaartappel, kaviaar en kaas.
Van die verskillende maniere waarop blini berei kan word, is: