Bodo/Boro बर'/बड़ | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [bɔɽo] | |
Gepraat in: | Indië Bangladesj Nepal | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 1,3 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Sino-Tibettaans Tibeto-Birmaans Brahmaputra Bodo-Garo Bodo/Boro | |
Skrifstelsel: | Devanagari (amptelik) Latynse alfabet (wyd gebruik) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[2] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n erg bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | brx
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Bodo of Boro (बर'/बड़, [bɔɽo]) is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1,3 miljoen mense in Noordoos-Indië, Bangladesj en Nepal gepraat word. Bodo is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Bodo word òf met die Devanagari-alfabet òf die Latynse alfabet geskryf. Dit vorm saam met Assamees en Bengaals die amptelike tale van die Indiese deelstaat Assam. Daarbenewens word Bodo in die aangrensende deelstate Manipur, Meghalaya en Wes-Bengale gepraat. Dit is verwant aan Kokborok, ook Tripuri genoem, een van die amptelike tale van die Indiese deelstaat Tripura, en aan Garo, wat geen amptelike status geniet nie.