Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Bokserkrap | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Infraorde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. tessellata
|
Binomiale naam | |
Lybia tessellata | |
Sinonieme [1] | |
|
Die bokserkrap (Lybia tessellata) is 'n ware krap wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; meer spesifiek aan die kus van Oos-Afrika tot by KwaZulu-Natal. Die klein krap word maklik uitgeken aan sy room en pienkerige mosaise kleurpatroon. Die bene is dun, harig en bedek met wit kolletjies en donker strepe wat om die bene gaan. Dit bly saam met kleiner seeanemone in simbiose; hulle hou die anemone in hul kloue vir beskerming. Die krap gebruik ook die taai anemone om mikro-organismes van die water te vang en af te lek. Die voordeel vir die anemone is dat hulle meer kos kry. Dit is ook bekend dat die krappe somtyds die anemone vir sponse of korale verruil.
Die krappe bly in skeure in rots- en koraalriwwe in water wat tot 20 m diep is. Die spesie is seldsaam in Suid-Afrika.