Ander name | Skotse Skaaphond | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Oorsprong | Verenigde Koninkryk Anglo-Skotse grens | ||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||
Hond (Canis lupus familiaris) |
Die Borderkollie is 'n honderas wat gebruik word om werk te verrig, soos om vee op te pas. Dit is in die Anglo-Skotse grensstreek ontwikkel vir die aanjaag van vee, veral skape. Dit is spesifiek geteel vir intelligensie en gehoorsaamheid.
Hulle word beskou as hoogs-intelligent, uiters energiek, akrobaties en atleties, en hulle het reeds dikwels met groot sukses gekompeteer in skaaphondproewe en die hondesport. Hulle word dikwels as die mees intelligente van alle huishoudelike honde beskou.[1] Borderkollies word steeds benut in hul tradisionele rol vir die aanjaag van vee oor die hele wêreld.
In die algemeen is Borderkollies mediumgroot honde met 'n matige hoeveelheid haarpels, wat in die meeste gevalle dik is en dikwels verhaar. Hulle het 'n dubbele laag wat wissel van glad tot grof en is soms gekrul. Terwyl swart-en-wit die algemeenste kleurpatroon van die Borderkollie is, kom die ras ook in enige kleur en patroon voor wat byhonde bekend is. Sommige van hierdie sluit in swart driekleur (swart/bruin/wit), lewer-en-wit, en rooi driekleur (rooi/bruin/wit) word ook gereeld gesien, met ander kleure soos blou, lila, rooi merle, blou merle, briekwa, en Australiese rooi wat minder gereeld voorkom. Sommige Borderkollies kan ook 'n effekleurige pels dra.
Borderkollies vereis aansienlik meer daaglikse fisiese oefening en geestelike stimulasie as baie ander rasse.[2] Die Borderkollie is 'n intelligente honderas;[3] in werklikheid word dit wyd beskou as die mees intelligente honderas. Hoewel die primêre rol van die Borderkollie is om troppe vee aan te jaag, word hierdie ras toenemend gewilder as 'n metgeseldier.
In hierdie rol, as gevolg van hul werkerfenis, is Borderkollies baie veeleisend, speels en energiek. Hulle floreer die beste in huishoudings wat hulle met baie speel en oefening kan voorsien, óf met die mens of ander honde. As gevolg van hul behoefte vir geestelike stimulasie en oefening, ontwikkel baie Borderkollies problematiese gedrag in huishoudings wat nie in staat is om voorsiening te maak vir hul behoeftes nie.[4] Hulle is berug om gate te kou in die mure, meubels soos stoele en tafelpote, vernietigende skraap en gatgrawe, as gevolg van verveeldheid. Borderkollies toon 'n sterk begeerte om tropvorming, 'n eienskap wat hulle kan wys met klein kinders, katte en ander honde. Die ras se oppaseienskap word doelbewus aangemoedig, deur selektiewe teling vir baie geslagte reeds. Maar, synde by uitstek opleibaar, leef hulle vriendskaplik met ander troeteldiere indien hulle behoorlike sosialiseringsopleiding gegee word.
Voordat hulle op hierdie ras as 'n huistroeteldier besluit, moet potensiële eienaars seker wees dat hulle gereelde oefening kan voorsien in ooreenstemming met die kollie se hoë-energie en ontsaglike stamina. 'n Werkende kollie kan myle ver hardloop op een dag, en met behulp van sy ervaring, persoonlikheid en intelligensie beheer hou oor uitdagende vee, en hierdie honde sal gou benoud en gefrustreerd raak in isolasie en indien geïgnoreer of onaktief gelaat word.
Soos baie werkende rasse, kan Borderkollies beweging-sensitief wees en bewegende voertuie en fietse jaag, maar hierdie gedrag kan verander word deur opleiding.[5] Sommige van die moeiliker gedragspatrone vereis geduld, omdat dit deel van die hond se ontwikkeling is, en behoort te verdwyn soos hy volwasse raak.
Die natuurlike lewensduur vir die Borderkollie is tussen 10 en 14 jaar, met 'n gemiddelde van 12 jaar.[6][7]
Werkende Borderkollies kan rigting neem deur die stem of deur die fluitjie op lang afstande wanneer hulle aanjaag. Hul groot energie en oppasinstink word nog steeds gebruik om troppe van alle vorme van diere aan te dryf, van die tradisionele skape en beeste, tot loslopende pluimvee, varke en volstruise. Hulle word ook gebruik om ongewenste wilde voëls te verwyder van lughawens se aanloopbane, gholfbane, en ander openbare en private plekke.
Die gebruik van honde vir skape oppas maak goeie ekonomiese sin vir baie boere. In 'n tipiese weidingomgewing sal elke opgeleide skaaphond die werk van drie mense doen. In die groot droë gebiede soos die Australiese Outback of die Karoo Platorand, word die getal verhoog tot vyf of meer. Pogings om hulle te vervang met meganiese benaderings tot oppas het net beperkte sukses behaal. Dus vind veehanteerders die opgeleide honde meer betroubaar en ekonomies.