Bospatrys | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Roberts, 1922
|
Spesie: | D. sephaena
|
Binomiale naam | |
Dendroperdix sephaena (Smith, 1836)
| |
Sinonieme | |
Francolinus sephaena |
Die Bospatrys (Dendroperdix sephaena) is 'n algemene standvoël en kom in noord Namibië, noord en oos Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga voor. Die voël is 30 – 35 cm groot en weeg 240 – 460 gram. Hulle leef in beboste savanne en boomvelde. In Engels staan die voël bekend as Crested francolin.