Bosysterpruim | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Putranjivaceae |
Genus: | Drypetes |
Spesie: | D. gerrardii
|
Binomiale naam | |
Drypetes gerrardii (Harv.) Hutch., (1920)
|
Die bosysterpruim (Drypetes gerrardii) is 'n klein boom (maksimum 8 m hoog, elders tot 20 m) wat algemeen noordwaarts vanaf Port St. Johns, KwaZulu-Natal en in die laeveld van Limpopo voorkom. In die Krugerwildtuin word dit op klipperige rante in die Lebomboberge noordwaarts van Nwanedzi-ruskamp aangetref, asook op rotsriwwe in die Punda Maria- en Pafurigebied.[2]
Dit is ook inheems aan Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Republiek die Kongo, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Dit kom in woude voor. Die stam is gegroef met stutwortels aan die basis van die stam.
Die boom se FSA-nommer is 314.[3][2]
Die boom het vier subspesies: