Botterklapper Swartklapper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Loganiaceae |
Genus: | Strychnos |
Spesie: | S. madagascariensis
|
Binomiale naam | |
Strychnos madagascariensis Poir.
| |
Sinonieme | |
|
Die botterklapper (Strychnos madagascariensis) is 'n boom wat wydverspreid noord van die Vaalrivier voorkom. In die kuswoude van KwaZulu-Natal is die boom groter en slanker. Die boom staan ook bekend as die swartklapper. Dit is inheems in Suid-Afrika en kom voor in die provinsies KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo. Die boom is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini, die Kaprivistrook in Namibië, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1]
Die blare is leeragtig, blink en donkergroen aan die bokant en lig groen aan die onderkant. Die blare is ook gewoonlik harig. Die vrugte is blouerig-groen wanneer hulle jonk is en word geel wanneer hulle volwasse is en is tot 8 cm in deursnee. Die vrugte het 'n dik dop, baie sade en is eetbaar.