Brad Pitt | |
Brad Pitt - Hollywood, Kalifornië - Julie 2019
| |
Geboortenaam | William Bradley Pitt |
---|---|
Geboorte | 18 Desember 1963 Shawnee, Oklahoma (Verenigde State) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Ouers | William Alvin Pitt Jane Etta (née Hillhouse) |
Lewensmaat | Jennifer Aniston (2000–2005) Angelina Jolie (2014–2016) |
Kinders | 6 (3 is aangenome) |
Beroep(e) | Akteur, rolprentvervaardiger |
Rolprente | Fight Club, The Curious Case of Benjamin Button |
Toekennings | Golden Globe vir Twelve Monkeys |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
William Bradley "Brad" Pitt[1] (* 18 Desember 1963 in Shawnee, Oklahoma) is 'n Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. Hy word as een van die wêreld se aantreklikste mans geag en sy nie-beroepslewe word wyd gepubliseer.[2][3] Pitt het twee Academy-benoemings ontvang en een Golden Globe uit vier benoemings gewen.
Pitt het uitgegaan en was verloof aan Gwyneth Paltrow tussen 1994 en 1997.[4]
Pitt het Friends aktrise Jennifer Aniston in 1998 ontmoet en is op 29 Julie 2000 met haar getroud in Malibu, Kalifornië.[5] In Januarie 2005 is Pitt en Aniston geskei.[6] Pitt en Aniston se skeisaak was finaal afgehandel 2 Oktober.[6]
Tydens Pitt se skeisaak het hy verlief geraak op Mr. & Mrs. Smith medester Angelina Jolie.[7] Op 11 Januarie 2006, kondig Jolie aan dat sy swanger is met Pitt se kind, daarmee kondig hulle hul verhouding vir die eerste keer in die openbaar aan. Pitt en Jolie kondig hulle verlowing op April 2012 aan, na sewe jaar saam.[8] Hulle is getroud op 23 Augustus 2014, in Frankryk.[9] Op 19 September 2016 het Jolie aansoek gedoen om te skei.[10]
Jolie het geboorte geskenk aan Shiloh Nouvel in Swakopmund, Namibië, op 27 Mei 2006. Pitt het bevestig dat hul pasgebore dogter kwalifiseer vir 'n Namibiese paspoort.[11]