| |||||
Nasionale leuse: Vigilate (Latyn vir: "Wees waaksaam") | |||||
Volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") Nasionale volkslied: Oh, Beautiful Virgin Islands (Engels vir: "Oh, mooi Maagde-eilande") | |||||
Hoofstad | Road Town | ||||
Grootste stad | Road Town | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Parlementêre afhanklikheid onder ’n grondwetlike monargie Charles III John Rankin David Archer Natalio Wheatley James Cleverly | ||||
Onafhanklikheid Stigting
• Britse verowering • Afsonderlike gebied • Outonome gebied |
Britse oorsese gebied 1672 1960 1967 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
153 km2 (–) 59 myl2 1,6 | ||||
Bevolking - 2019-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
30 030 (222ste) 28 054[1] 260 / km2 (68ste) 673,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2017-skatting $500 miljoen (149ste) | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .vg | ||||
Skakelkode | +1-284 | ||||
a. Vir al die Britse oorsese gebiede |
Die Britse Maagde-eilande (Engels: British Virgin Islands, BVI), amptelik die Maagde-eilande (Virgin Islands[2]), is 'n eilandgroep in Noord-Amerika en 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk met 'n oppervlakte van 153 km² en 'n bevolking van 30 030 in 2019.
Die Britse Maagde-eilande behoort geografies tot die Maagde-eilande[3] van die Klein-Antille. Dit is in die noordoostelike Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Die Britse Maagde-eilande grens in die weste aan die Amerikaanse Maagde-eilande en in die ooste aan Anguilla. Dit bestaan uit die hoofeilande Anegada, Jost van Dyke, Tortola, Virgin Gorda en ander eilande. Die hoofstad en grootste stad is Road Town, wat op die eiland Tortola geleë is.
Die Maagde-eilande is in 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en ná die heilige Ursula van Keulen en haar maagd-volgelinge Santa Ursula y las Once Mil Vírgenes ("St. Ursula en haar 11 000 maagde") genoem. Alhoewel die Maagde-eilande deur die Spaanse Ryk opgeëis is, is dié eilande nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. Tydens die volgende twee eeu was die Maagde-eilande onder beheer van verskeie Europese magte soos Groot-Brittanje, Nederland, Frankryk en Denemarke-Noorweë. Die Nederlanders het in 1648 'n permanente nedersetting op Tortola gestig en in 1672 het Engeland dié eiland van Nederland verower, gevolg deur die anneksasie van Anegada en Virgin Gorda in 1680. Terselfdertyd het Denemarke tussen 1672 en 1733 beheer oor die nabygeleë eilande Saint Thomas, Saint John en Saint Croix oorgeneem. Die Deense Maagde-eilande is volgens die Deens-Wes-Indië-verdrag op 31 Maart 1917 vir VS$25 miljoen aan die Verenigde State verkoop. Die Britse Maagde-eilande is eers as deel van die Britse Leeward-eilande en later saam met St. Kitts en Nevis geadministreer. Dié eilande het in 1960 aparte koloniale status ontvang en in 1967 outonoom geword. Die Britse Maagde-eilande word deur die Verenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou.[4] Die Britse Maagde-eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[5]
Naam | Oppervlakte (km²) |
Bevolking (2008) |
Bevolkingsdigtheid |
---|---|---|---|
Anegada | 38 km² | 200 | 5,3/km² |
Jost van Dyke | 8 km² | 260 | 32,5/km² |
Tortola | 55,7 km² | 14 000 | 251,1/km² |
Virgin Gorda | 21 km² | 3 063 | 145,86/km² |
Krieket was eens die gewildste sportsoort in die Britse Maagde-eilande, maar Amerikaanse sportsoorte soos Amerikaanse voetbal, basketbal en bofbal word nou meer beoefen. Die Britse Maagde-eilande is een van die gebiede wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop.