| |||||
Nasionale leuse: الدائمون المحسنون بالهدى Sentiasa membuat kebajikan dengan petunjuk Allah (Maleis vir: "Altyd in diens met God se leiding") | |||||
Volkslied: Allah Peliharakan Sultan (Maleis vir: "God seën die Sultan") | |||||
Hoofstad | Bandar Seri Begawan | ||||
Grootste stad | Bandar Seri Begawan | ||||
Amptelike tale | Maleis en Engels | ||||
Regering | Unitêre Islamitiese absolute monargie Hassanal Bolkiah Al-Muhtadee Billah | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Sultanaat • Broeneise ryk • Britse protektoraat • Japanse besetting • Onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk |
ca. 1368 15de–19de eeu 17 September 1888 1941–1945 1 Januarie 1984 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
5 765 km2 (164ste) 2 226 myl2 8,6 | ||||
Bevolking - 2017-skatting - Digtheid |
417 200[1] (175ste) 72,11 / km2 (134ste) 186,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,853[3] (39ste) – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Dollar (BND )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
BDT (UTC+8) nie toegepas nie (UTC+8) | ||||
Internet-TLD | .bn[4] | ||||
Skakelkode | +673a | ||||
a. +080 vanaf Oos-Maleisië. |
Broenei (Engels: Brunei, [bruːˈnaɪ], ; Maleis: Brunei), amptelik die Nasie Broenei, blyplek van Vrede (Engels: Nation of Brunei, the Abode of Peace;[5] Maleis: Negara Brunei Darussalam; Jawi: نڬارا بروني دارالسلام), is 'n soewereine staat ('n sultanaat) geleë aan die noordkus van Borneo-eiland in Suidoos-Asië net noord van die ewenaar. Broenei beslaan 'n oppervlakte van 5 765 km² en het 'n bevolking van 417 200 in 2017 gehad. Die land grens in die suide aan die Maleisiese deelstaat Sarawak en die Suid-Chinese See in die noorde.
Omtrent 1368 is die Sultanaat Broenei gestig en dit het onder sultan Bolkiah (1485–1528) sy hoogtepunt bereik en die grootste deel van Borneo, asook die Sulu-eilande van Filippyne tot by die hedendaagse Manila oorheers. Tydens die 19de eeu het die Broeneise ryk begin krimp. Die Sultanaat het Sarawak (Kuching) aan James Brooke afgestaan en hom as "wit rajah" aangestel; Sabah is aan die Britse Noord-Borneo Geoktrooieerde Maatskappy oorgedra. 1888 het Broenei 'n Britse protektoraat geword en het in 1906 'n Britse inwoner as koloniale bestuurder aangewys. Broenei het op 1 Januarie 1984 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword en is sedertdien 'n unitêre Islamitiese absolute monargie binne die Britse Statebond met 'n eie monarg (sultan en Yang di-Pertuan) as staatshoof. Broenei is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is eSwatini, Lesotho, Maleisië en Tonga).
Dit is ’n ryk olieproduserende land en 'n lidland van die ASEAN. Die heerser, Hassanal Bolkiah, die Sultan van Broenei, is een van die rykste mense ter wêreld.[6]
In die glorietyd van die Broeneise Ryk, het Sultan Bolkiah (regeer 1485–1528) na bewering beheer gehad oor die noordelike streke van Borneo, insluitende hedendaagse Sarawak en Sabah, sowel as die Sulu eilandsee langs die noordoostelike punt van Borneo, Seludong (hedendaagse Manila), en die eilande langs die noordwestelike punt van Borneo. Die maritieme staat is in 1521 deur Spanje se Magellan Expedition besoek en Broenei het in 1578 die Castille Oorlog teen Spanje geveg.
Tydens die 19de eeu het die Broeneise Ryk begin kwyn. Die Sultan het Sarawak aan James Brooke gegee as beloning vir sy hulp om 'n rebellie te onderdruk, en hom ook as 'n Rajah benoem. Sabah is afgestaan aan die Britse Noord-Borneo Geoktrooieerde Maatskappy. In 1888 het Broenei 'n Britse protektoraat geword en aan 'n Britse inwoner as koloniale bestuurder opgedra in 1906. Na die Japannese besetting tydens die Tweede Wêreldoorlog, is 'n nuwe grondwet geskryf in 1959. In 1962 is 'n klein gewapende rebellie teen die monargie vinnig beëindig met die hulp van die Britte.[7]
Die land bestaan uit 'n laagliggende kusvlakte wat tot berge in die ooste styg. Afgesien van sy kuslyn met die Suid-Chinese See, word dit op land heeltemal omring deur die provinsie van Sarawak, Maleisië; en dit word deur die Sarawakdistrik Limbang in twee dele verdeel. Dit is die enigste soewereine staat wat geheel en al op die eiland Borneo is; die res van die eiland se grondgebied is verdeel tussen die lande Maleisië en Indonesië.
Broenei se bevolking het 408 786 getel in Julie 2012,[8] waarvan ongeveer 150 000 in die hoofstad Bandar Seri Begawan gewoon het.
Engels en Maleis (amptelik) plus ongeveer tien ander tale.
Broenei het weer sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk verkry op 1 Januarie 1984. Ekonomiese groei gedurende die 1990's en 2000's (gemiddeld 56% in 1999–2008) het Broenei omskep in 'n nuwe geïndustrialiseerde land. Dit het sy rykdom ontwikkel uit uitgebreide olie- en natuurlike gasvelde. Broenei het die tweede hoogste menslike ontwikkelingsindeks onder die Suidoos-Asiënasies na Singapoer, en is as 'n ontwikkelde land geklassifiseer.[9] Volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), is Broenei vyfde in die wêreld volgens bruto binnelandse produk per capita op koopkragpariteit. Die IMF beraam in 2011 dat Broenei een van twee lande (die ander een is Libië) is met 'n openbare skuld van 0% teen die nasionale bruto binnelandse produk. "Forbes" reken ook Broenei as die vyfde rykste nasie uit 182, wat gebaseer is op sy petroleum- en natuurlike gasvelde.[10]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek (link)