Bronisław Huberman | |
---|---|
Gebore | Częstochowa, Pole |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Violis, pedagoog |
Instrumente | Viool |
Bronisław Huberman (19 Desember 1882 – 16 Junie 1947) was 'n Joodse en Poolse violis. Hy was bekend vir sy individualistiese en persoonlike interpretasies en was geprys vir sy toonkleur, uitdrukkingsvolle spel, en buigbaarheid. Die Gibson ex-Huberman Stradivarius viool wat sy naam dra was twee keer gesteel en teruggevind gedurende die tyd wat hy dit besit het. Huberman word ook onthou daarvoor dat hy die Israel Filharmoniese Orkes gestig het, en toevlug aan byna 1,000 Europese Jode gebied het as ontvlugting van die Derde Ryk.[1][2]
Huberman was in Częstochowa, Pole gebore. Hy was tydens sy jeug 'n leerling van Mieczysław Michałowicz en Maurycy Rosen by die Warskou Konservatoria, en van Isidor Lotto in Parys gewees. In 1892 het hy onder Joseph Joachim in Berlyn gestudeer. Ten spyte daarvan dat hy slegs tien jaar oud was, het hy Joachim met uitvoerings van Louis Spohr, Henri Vieuxtemps, en die verwerking van 'n Frédéric Chopin nokturne betower en verstom. Die twee het egter nie oor die weg gekom nie, en na Huberman se veertiende verjaardag het hy nie meer lesse geneem nie. In 1893 het hy deur Nederland en België getoer as 'n virtuoos. Op of omtrent die tyd het die 6-jarige Arthur Rubinstein een van Huberman se konserte bygewoon. Rubinstein se ouers het Huberman na hul huis uitgenooi en die twee seuns het daar 'n lewenslange vriendskap ontwikkel. In 1894 het Adelina Patti vir Huberman uitgenooi om deel te neem aan haar afskeidsgala in Londen, en in die volgende jaar het hy haar verbygesteek in Wene wat sy aantal verskynings betref het. In 1896 het hy die vioolconcerto van Johannes Brahms in die teenwoordigheid van die groot meester uitgevoer, wie verstom was deur sy kuns.
Hy het met die Duitse aktrise Elza Galafrés (ook bekend as sanger en ballerina) getrou.[3][4] Hulle het 'n seun genaamd Johannes gehad, maar die huwelik het egter nie gehou nie. Sy het later die Hongaarse komponis en pianis Ernő Dohnányi ontmoet, maar nóg Huberman, nóg Dohnányi se vrou, wou toestem tot 'n egskeiding. Elza en Dohnányi het nietemin in 1917 'n buite-egtelike kind gehad, en in 1919, toe Huberman ingestem het tot 'n egskeiding, was sy met Dohnányi getroud, wat Huberman se seun Johannes aangeneem het.[5][6]
In die 1920s en vroeë 1930s het Huberman saam met die pianis Siegfried Schultze deur Europa en Noord-Amerika getoer en by die mees luisterryke liggings gespeel (Carnegie Hall in New York Stad, La Scala in Milaan, die Musikverein in Wene, die Konzerthaus in Berlyn en meer). Met verloop van tyd was die Huberman-Schultze duet gereeld uitgenooi vir private vertonings deur die koninklike families van Europa. Talle opnames van die duet was gedurende die tydperk by die "Berliner Rundfunk" gemaak, welke ongelukkig gedurende die Tweede Wêreldoorlog vernietig was. In 1937, 'n jaar voor die Anschluss, het Huberman Wene verlaat en toevlug gesoek in Switserland. Die volgende jaar was sy loopbaan amper in skerwe na 'n vliegtuigongeluk in Soematra waarin sy gewrig en twee vingers van sy linkerhand gebreek het. Na intensiewe en pynlike her-opleiding was hy daartoe in staat om voort te gaan met uitvoerings. Huberman was tydens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog op toer gewees in Suid-Afrika, en was nie in staat daartoe om terug te keer na sy huis in Switserland nie. Kort daarna het hy ongesteld geraak as gevolg van uitputting, en nooit weer herstel nie. Hy het op 16 Junie 1947 op die ouderdom van vier-en-sestig jaar in Corsier-sur-Vevey, Switserland, beswyk.
Die dorp van Częstochowa het sy orkes ter ere van Huberman herbenoem na die Bronislaw Huberman Filharmoniese Orkes.[7]
Huberman het verskeie kommersiële opname gemaak van grootskaalse werke, soos onder meer: