Bruce Dalling | |
---|---|
Gebore | 16 Augustus 1938 |
Sterf | 7 Julie 2008 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Seiljagvaarder |
Bekend vir | Wen die Trans-Atlantiese wedvaart |
Eggenoot | Carol |
Kinders | William, Kerry, Cathy |
Ouer(s) | Kathleen en William Dalling |
Bruce Dalling (1938–2008) was 'n Suid-Afrikaanse seiljagvaarder. Hy het in 1968 in sy enkelromp-seiljag genaamd Voortrekker aan die Trans-Atlantiese wedvaart deelgeneem. Ná ’n tydsaanpassing is hy eerste geplaas en as die wenner gekroon.[1]
Dalling is op 16 Augustus 1938 in Johannesburg gebore en matrikuleer van die St. John's College in Johannesburg. Daarna wend hy hom tot se see, waartydens hy aan talle groot seiljagvaarte deelgeneem en later by Hongkong se polisie aansluit.
Met sy terugkeer na Suid-Afrika was hy 'n bootsman op die Suid-Afrikaanse jag, die Stormvogel. Daarna studeer hy landbou aan die destydse Universiteit van Natal en het ook in die landbou gedoseer. Hy het sy studies in die regte voortgesit en later 'n advokaat in veral Pietermaritzburg en Durban geword.
Teen die einde van sy lewe was hy 'n boer, maar het steeds as assessor vir die howe opgetree. Dalling is op 7 Julie 2008 op sy plaas naby Howick oorlede. Hy was 69 jaar oud.