Burmanbos-natuurreservaat | |
---|---|
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Naaste dorp | Morningside, Durban |
Koördinate: 29°49′03″S 31°01′01″O / 29.81750°S 31.01694°O | |
Oppervlak | 50 ha |
Webblad | Burman Bush Nature Reserve, durban.gov.za |
Burmanbos-natuurreservaat is geleë in Morningside, Durban, sowat 8 km noord van die sentrale besigheidsdistrik. Dit is 'n klein kuswoud wat ongeveer 55 hektaar beslaan,[1] en deel uitmaak van Durban se Opelugstelsel (D'MOSS). Onder die reservaat se uitstaande woudboomsoorte tel die platkroon, boskoorsbessie en rooiboekenhout.[2]
Dit bied drie wandelpaaie aan besoekers, die Pithi (500 m), Hadeda (1 km) en Bosolien (2 km) voetpaaie,[1] wat deur die bos vleg om toegang tot die verskeie flora en fauna te bied. 'n Uitkykplatform aan die noordepunt van die buitenste voetpad bied 'n wye uitsig oor die Umgenirivier, vanaf Connaught-brug tot die Blue lagoon.[2]
Die fauna is oorwegend skugtere spesies. Die reservaat bevat Durban se grootste bevolking blouduikers, benewens duikers, is daar ook gebande en swartkwasmuishonde, ystervarke en troppe blouapies.[2] Die voëllewe is meer aktief in die oggendure en word maklikste vanaf die sentrale privaatpad besigtig.[3] Dit sluit in rooibekkakelaars, mikstert- en kleinbyvangers, nataljanfrederik, geelborskleinjantjies en paradysvlieëvangers.[2]