Burt Bacharach

Burt Bacharach in 1972.

Burt Freeman Bacharach (/ˈbækəræk/ BAK-ə-rak; 12 Mei 19288 Februarie 2023) was 'n Amerikaanse komponis, liedjieskrywer, mudiekvervaardiger en pianis wat honderde popliedjies van die laat 1950's tot die 1980's gekomponeer het, baie in samewerking met die liriekskrywer Hal David. 'n Sesmalige Grammy-toekenning-wenner en driemalige Oscar-wenner, is Bacharach se liedjies is deur meer as 1 000 verskillende kunstenaars opgeneem.[1] Vanaf 2014 het hy 73 Amerikaanse en 52 Britse Top 40-treffers geskryf.[2] Hy was een van die belangrikste komponiste van 20ste-eeuse populêre musiek.[3]

Sy musiek word gekenmerk deur ongewone akkoordprogressies, beïnvloed deur sy agtergrond in jazzharmonie, en ongewone keuses van instrumente vir klein orkeste. Die meeste van Bacharach en David se treffers is spesifiek geskryf vir en uitgevoer deur Dionne Warwick, maar vroeëre assosiasies (van 1957 tot 1963) het die komponerende duo saam met Marty Robbins, Perry Como, Gene McDaniels en Jerry Butler laat werk. Na die aanvanklike sukses van hierdie samewerking het Bacharach voortgegaan om treffers te skryf vir Gene Pitney, Cilla Black, Dusty Springfield, Jackie DeShannon, Bobbie Gentry, Tom Jones, Herb Alpert, B. J. Thomas, en die Carpenters, onder talle ander kunstenaars. Hy het baie van sy opgeneemde uitset verwerk, gedirigeer en vervaardig.

Liedjies wat hy saam geskryf het wat boaan die Billboard Hot 100 was, sluit in "This Guy's in Love with You" (1968), "Raindrops Keep Fallin' on My Head" (1969), "(They Long to Be) Close to You" (1970), "Arthur's Theme (Best That You Can Do)" (1981), en "That's What Friends Are For" (1986).

'n Beduidende figuur in maklike luistermusiek,[4] word Bacharach deur skrywer William Farina beskryf as "'n komponis wie se eerbiedwaardige naam met omtrent elke ander prominente musikale kunstenaar van sy era verbind kan word". In later jare is sy liedjies nuut toegeëien vir die klankbane van groot rolprente, teen daardie tyd "huldeblyke, samestellings en herlewings was oral te vinde".[5] Hy het latere musikale bewegings soos kamerpop[6] en Shibuya-kei beïnvloed[7][8] In 2015 het Rolling Stone Bacharach en David op nommer 32 geplaas vir hul lys van die 100 grootste liedjieskrywers van alle tye.[9] In 2012 het die duo die Biblioteek van die VSA-kongres Gershwin-prys vir Gewilde Liedjie ontvang, die eerste keer dat die eer aan 'n liedjieskryfspan gegee is.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Burt Bacharach interview: what was it all about?", The Telegraph U.K., 1 Junie 2013.
  2. "Burt Bacharach: A House Is Not A Homepage". Bacharachonline.com. Besoek op 19 Mei 2011.
  3. John, Bush. "Burt Bacharach". AllMusic.
  4. Jackson 2015, p. 176.
  5. Farina 2013, p. 144.
  6. "Chamber pop". AllMusic.
  7. Lindsay, Cam (4 Augustus 2016). "Return to the Planet of Cornelius". Vice.
  8. "Shibuya-Kei". AllMusic. n.d.
  9. "100 Greatest Songwriters of All Time". Rolling Stone. Augustus 2015.
  10. "Hal David, Burt Bacharach honored in D.C. with Gershwin Prize". Los Angeles Times. 9 Mei 2012.