Camille Rosalie Claudel (Franse uitspraak: [kamij klodɛl] (luister(hulp·inligting)); 8 Desember1864 - 19 Oktober1943) was 'n Fransebeeldhoudster wat veral bekend is vir haar beeldhouwerke in brons en marmer. Sy was tot na haar afsterwe relatief onbekend, maar het later erkenning ontvang vir haar oorspronklikheid en die kwaliteit van haar werk. [1][2] Sy het as inspirasie gedien vir verskeie biografieë en rolprente, en is veral bekend vir werke soos Die Wals en Die Beleë Era. [3]
Die nasionale Musée Camille Claudel het sy deure in 2017 in Nogent-sur-Seine oopgemaak. Claudel was vir geruime tyd 'n vennoot van die bekende beeldhouer Auguste Rodin. Die Musée Rodin in Parys het 'n kamer wat toegewy is aan haar werke.
Claudel se beeldhouwerke vorm deel van die versamelings van verskeie groot museums, insluitende die Musée d'Orsay in Parys, die Courtauld Institute of Art in Londen, die National Museum of Women in the Arts in Washington, D.C., die Philadelphia Museum of Art,[4] en die J. Paul Getty Museum in Los Angeles.[5]
Van Vliet, Marie-Josephe (2000). Camille Claudel : a sociocultural study (Thesis/Dissertation uitg.). Syracuse, NY: Syracuse University.
Wilson, Susannah. "Gender, Genius, and the Artist's Double Bind: The Letters of Camille Claudel, 1880–1910." Modern Language Review 112.2 (2017): 362–380. aanlyn