Canon EOS (Elektro-Optiese Stelsel) is 'n outofokus enkellensrefleks (SLR)-kamerareeks wat deur Canon Inc. vervaardig word. Sedert die Canon EOS 650, se vrystelling in 1987, gebruik alle EOS-kameras 135-film tot en met Oktober 1996 toe die EOS IX vrygestel is met die van-korte-duur APS-film. In die jaar 2000 is die D30 aangekondig as die eerste digitale SLR ontwerp en ten volle deur Canon geproduseer in Japan. Sedert 2005 gebruik al die nuwe EOS-kameras digitale beeldsensors instede van film. Die EOS lyn is steeds in produksie, met Canon se huidige digitale SLR (DSLR)-reeks, en met die 2012 bekendstelling van die Canon EOS M, Canon se spieëllose verwisselbare lens-kamerastelsel (MILC).
Die naam "EOS" sinspeel op Eos, die Titaangodin van die daeraad/dagbreek in die Griekse mitologie.[1]
Dit kompeteer in die eerste plek met die Nikon F-reeks en sy opvolgers, sowel as die outofokus-SLR-stelsels van Olympus, Pentax, Sony/Minolta, en Panasonic/Leica.[2] In 2010 het Canon 'n markaandeel van 44.5% in DSLR's gehou.[3]
Die hart van die stelsel is die Canon EF-lenspassing, wat die vorige FD-lenspassing vervang het, wat hoofsaaklik slegs handfokuslense ondersteun het. Die EOS R volraamkamera het 'n nuwe lensmontering aan die stelsel bekendgestel – die RF-montering. Die EOS-embleem is geskep met behulp van Handel Gotiese tipografie.
Die bajonet-styl EF lenspassing is die middelpunt van die EOS-kamerastelsel. Na verenigbaarheid met die vroeëre FD-passing verbreek is, is dit ontwerp met geen meganiese skakeling tussen die bewegende dele in die lens en die kamera nie. Die diafragma en fokusbeheer is via elektriese kontakte, met motortjies in die lens self. Dit is soortgelyk in 'n paar vroeër pogings van Canon met die T80. Ander vervaardigers, insluitend Contax (met sy G-reeks van verwisselbare lens 35 mm afstandmeterkameras), Nikon se F3AF in 1983 en Olympus (met sy vierderdes-stelsel) het sedertdien hierdie direkte dryfstelsel begin inspan. Dit is 'n groot lenspassing in vergelyking met die meeste van die kompetisie, sodat groter diafragmalense gebruik kan word.[4]
Die flitsstelsel in die EOS-kameras het sedert sy eerste implementering 'n aantal evolusies ondergaan. Die basiese EOS-flitsstelsel was eintlik nie ontwikkel vir die eerste EOS kamera's nie, maar vir die laaste hoë-vlak FD-passinghandfokuskamera, die T90, van stapel gestuur in 1986. Dit was die eerste Canonkamera met deur-die-lens (TTL) flitsmeting, hoewel ander handelsmerke dit al vir 'n geruime tyd kon doen. Dit het ook die A-TTL (Gevorderde TTL) stelsel vir 'n beter flitsblootstelling in die programmodus, met behulp van infrarooi-voorafflitse om die afstand na die onderwerp te bepaal.
Teen 2007 het Canon reeds meer as 40 EOS SLR- en DSLR-kameramodelle vrygestel, wat begin het met die bekendstelling van die EOS 650 in 1987. In die 1990's het Canon met Kodak saamgewerk om digitale kameraliggame te vervaardig, wat afgeskop het met die EOS DCS 3 in 1995. Die eerste digitale EOS SLR-kamera geheel en al ontwerp en vervaardig deur Canon was die EOS D30, vrygestel in 2000.
Canon het twee EOS-kameras verkoop wat ontwerp is om die APS-filmformaat te gebruik, die EOS IX en die EOS IX Lite.
Canon het ook 'n handfokuskamera, die Canon EF-M, verkoop wat dieselfde EF-lensmontering as die EOS-kameras gebruik het. Dit het met al die outomatiese en handmatige blootstellingsfunksies gekom, maar het nie outofokus gehad nie. Dit is toegerus met 'n gesplete skerm/mikroprisma-fokusskerm vir presiese handfokusering.
Deur die dop van oogbalbewegings kon EOS-kameras toegerus met oogbeheerde fokusering (ECF) (sommige identifiseerbaar deur die agtervoegsel E) die gewenste outofokuspunt in die toneel kies, gebaseer op waar die gebruiker in die soekraam gekyk het. ECF was veral nuttig in sportfotografie waar die onderwerp vinnig sy posisie in die raam kan verskuif.
EOS-kameras toegerus met ECF was die EOS A2E (Amerikaanse modelname word getoon), EOS Elan IIE, EOS IXe, EOS-3, EOS Elan 7E en EOS Elan 7NE.
Canon het nie voortgegaan met sy gebruik van oogbeheerde fokus vir sy digitale SLR's nie. Die EOS Elan 7NE was die laaste EOS-kamera wat hierdie funksie gehad het, tot in 2021 toe Canon oogbeheerde fokus met die EOS R3 heringestel het.
Die meeste prosumer en professionele vlak EOS-kameras beskik oor 'n groot snelbeheerknop op die kamera se agterkant. Die eerste verbruiker-vlak EOS-kamera met hierdie funksie, was die EOS 760D/Rebel T6s,wat in Februarie 2015 aangekondig is. Hierdie kenmerk laat maklike aanpassing van sekere parameters toe met behulp van die duim. Die QCD word gebruik vir vinnige toegang tot dikwels gebruikte funksies wat andersins 'n meer ingewikkelde prosedure van knoppiedruk en skakelaarklikke sou vereis. Instellings soos ISO-knoppie, blootstellingskompensasie-knoppie of spyskaarte is almal maklik beskikbaar deur die QCD.[5]
Kameras wat met die QCD toegerus is, kan maklik met een hand (wysvinger op die hoofknop, duim op die QCD) bestuur word sonder om die oog van die soeker af te haal.
'n QCD is geprogrammeer om nuttige funksies uit te voer, wat die instelling van blootstellingskompensasie, instelling van diafragma in handmatige beligtingsmodus en die blaai van beelde en spyskaarte in digitale EOS-kameras kan insluit.
Tans het toplyn EOS-kameras óf 61 óf 65 gebruiker-kiesbare outofokuspunte (AF). Outofokus is 'n kamera se vermoë om 'n lens outomaties op 'n voorwerp te fokus deur die ontspanknoppie af te druk. Outofokus kies meestal die naaste beeld in die gesigsveld om op te fokus.[5] Die volgende EOS-kameras beskik oor so 'n stelsel, met 61 punte, tensy anders aangedui:
Met die vrystelling van die 5D Mark III het Canon weereens die voortou geneem in hierdie kategorie; voorheen het sy top-lyn kameras 45 AF-punte gehad,[12] wat die mark gelei het totdat Nikon sy D3 en D300 DSLR's met 51-punt AF-stelsels vrygestel het.
’n Groter aantal AF-punte verhoog die kans op ’n skerp gefokusde foto in situasies waar die onderwerp teen hoë spoed oor die raam beweeg (bv. sport en natuurlewe).
Om soveel AF-punte te hê, help ook om die fotograaf daarvan te verlig om die "sluit fokus en hersamestelling"-metode te gebruik om 'n foto te raam wat fokusonakkuraatheid kan veroorsaak. Die kamera fokus oor die algemeen op die naaste voorwerp of op menslike gesigte, wat dalk nie is wat die fotograaf wil hê nie, so EOS-kameras wat toegerus is met 'n multipunt-AF-stelsel laat die fotograaf steeds toe om 'n AF-punt met die hand te kies.
Die EOS-3, EOS-1v, alle EOS-1D-modelle voor die EOS-1D X, EOS 80D, EOS 77D en EOS 800D/Rebel T7i beskik oor 'n 45-punt AF-stelsel. Die meeste Canon DSLR's wat sedert laat 2005 bekendgestel is, vanaf die EOS 20D en die Rebel XTi (400D), beskik oor 'n negepunt AF-stelsel in 'n diamantvorm. Die EOS 5D, wat in 2005 vrygestel is, neem hierdie 9-punt AF-stelsel 'n stap verder deur nog ses 'onsigbare' AF-punte (d.w.s. nie deur die gebruiker te kies nie) bekend te stel om die kamera te help om vinniger fokus te kry tydens die dop van die onderwerp. Daar was verskeie uitsonderings op Canon se onlangse reël van 'n 9-punt AF-stelsel. Die EOS 1000D (Rebel XS) het die 7-punt AF-stelsel van die meeste ouer Canon DSLR's. Die EOS 7D, wat in 2009 vrygestel is, het 'n 19-punt AF-uitleg, wat in wese in dieselfde diamantvormige area van die raam pas as die negepunt-uitleg. Die EOS 70D, wat in Augustus 2013 vrygestel is, het die 7D se 19-punt-uitleg geërf, maar met minder AF-beheeropsies. Die 70D-stelsel is op sy beurt oorgedra aan die EOS 750D (Rebel T6i) en 760D (Rebel T6s), wat in Februarie 2015 aangekondig is. Soos hierbo genoem, is die EOS 5D Mark III, EOS-1D X, EOS 5DS/5DS R, en EOS-1D X Mark II het 61-punt AF-uitlegte. Die EOS 6D, wat in Oktober 2012 vrygestel is, het 'n 11-punt-uitleg. Die EOS 80D, wat in 2016 aangekondig is, het die terugkeer van 45-punt AF-stelsels na die Canon EOS-lyn gemerk, sowel as die eerste verskyning van 'n 45-punt-stelsel in 'n nie-professionele liggaam. Hierdie stelsel is in 2017 in die mark gebring met sy insluiting in die boonste intreevlak EOS 77D en middel-intreevlak EOS 800D/Rebel T7i.
Vir die vroeëre generasie 45-punt AF-stelsel is die sentrale kolom van 1 of 2 sensors (7 altesaam tot EOS-1Ds Mk II, EOS-1D Mk II N) kruistipe sensors wat sensitief is vir beide vertikale en horisontale lyne om 'n hoë mate van akkuraatheid te bied. Die EOS-1Ds Mk III, vervang deur die EOS-1D X, het 19 kruistipe sensors vir hoër akkuraatheid, asook die plasing van die kruistipe sensors om die Reël van Derdes aan te vul. Die ander Canon professionele SLR wat deur die EOS-1D X vervang is, die APS-H EOS-1D Mk IV, het 39 kruistipe sensors, 'n groot toename vanaf die 19 van die Mk III. Van die 61 AF-punte van die EOS-1D X en 5D MkIII, is 21 sentrale punte en 20 buitenste punte kruistipe, en vyf sentrale punte is dubbelkruistipe (sensitief vir diagonale lyne benewens horisontale en vertikale). Al 65 punte van die 7D MkII is kruistipe, maar net die middelpunt is dubbelkruistipe.
Net so, vanaf 2017, is alle AF-punte op latere generasies van die X0D-reeks (begin met die 40D en gaan voort deur die huidige 80D) kruistipe sensors vir hoër akkuraatheid, en die middelsensor is dubbelkruistipe vir nog groter akkuraatheid en sensitiwiteit. In Junie 2012 het die Canon EOS 650D (Rebel T4i) die eerste verbruikersvlak Canon geword wat hierdie AF-stelsel ontvang het.
Canon EOS digitale kamera - tydlyn | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Beeldverwerker: Non-DIGIC DIGIC | DIGIC II | DIGIC III | DIGIC 4 | DIGIC 5 / 5+ | DIGIC 6 / 6+| DIGIC 7 | DIGIC 8 | DIGIC X
|
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |