Noemnoem | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Apocynaceae |
Genus: | Carissa |
Spesie: | C. bispinosa
|
Binomiale naam | |
Carissa bispinosa (L.) Desf. ex Brenan, (1954)
| |
Sinonieme | |
Sien teks. |
Die noemnoem (Carissa bispinosa) is 'n boom wat tot die Apocynaceae familie hoort. Die boom is inheems in Botswana, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe. In Suid-Afrika is die boom inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Oos-Kaap en die Wes-Kaap.
Die boom het 'n magdom plaaslike name: lemoenbessie, lemoenbessieboom, lemoendoring, noemnoembessie en rooi noemnoem. Die boom se FSA-nommer is 640.5.[1]