Carlos Parreira in 2004 | |||
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Carlos Alberto Gomes Parreira | ||
Gebore | 27 Februarie 1943 | ||
Geboorteplek | Rio de Janeiro, Brasilië | ||
Spanne bestuur | |||
Jare | Span | ||
1967 | Ghana | ||
1974 | Fluminense | ||
1975 | Fluminense | ||
1978–1982 | Koeweit | ||
1983 | Brasilië | ||
1984 | Fluminense | ||
1985–1988 | Verenigde Arabiese Emirate | ||
1988–1990 | Saoedi-Arabië | ||
1990–1991 | Verenigde Arabiese Emirate | ||
1991 | Bragantino | ||
1991–1994 | Brasilië | ||
1994–1995 | Valencia | ||
1995–1996 | Fenerbahçe | ||
1996 | São Paulo | ||
1997 | MetroStars | ||
1998 | Saoedi-Arabië | ||
1999–2000 | Fluminense | ||
2000 | Atlético Mineiro | ||
2000 | Santos | ||
2001–2002 | Internacional | ||
2002–2003 | Corinthians | ||
2003–2006 | Brasilië | ||
2007–2008 | Suid-Afrika | ||
2009 | Fluminense | ||
2009–2010 | Suid-Afrika | ||
2012–2014 | Brasilië (tegniese direkteur) |
Carlos Alberto Gomes Parreira (gebore op 27 Februarie 1943 in Rio de Janeiro) is 'n Brasiliaanse sokkerafrigter.
Hy staan bekend as een van slegs twee afrigters wat vyf lande na 'n Sokker-Wêreldbeker gelei het:
Die Serwiese afrigter Bora Milutinović lei ook vyf verskillende lande na die Wêreldbeker, maar word tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 as afrigter ontslaan.
Parreira rig die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan van 2007 tot April 2008 af waarna hy uit die pos bedank.[1] Op 22 Oktober 2009 word aangekondig dat hy weer as afrigter van die Suid-Afrikaanse span sal optree.[2][3][4]
Op 22 Junie 2010 kondig hy sy uittrede aan. Hy sal sy pos op 15 Julie, die dag waarop sy kontrak verstryk, verlaat. Suid-Afrika is die eerste gasheerland in die geskiedenis wat tydens die groepsfase uitgeskakel is.