Castle Lager is 'n Suid-Afrikaanse bleek lager vervaardig deur SABMiller. Dit is die vlagskipproduk van die Castle Brouery en is onder andere beskryf as Suid-Afrika se nasionale bier, wat verwant is aan Carling in die Verenigde Koninkryk en Budweiser in die Verenigde State van Amerika. Castle Lager is bekroon in die "Wêreld se Beste Gebottelde Lager"-kategorie by die Brewing Industry International Awards in 2000, en is die amptelike borg van baie sportverenigings in Suid-Afrika, insluitend die Suid-Afrikaanse Sokkerspan en die Suid-Afrikaanse Krieketspan.[1]
Castle Lager se oorsprong kan teruggevoer word na die Johannesburgse goudstormloop van 1886. Charles Glas, stigter van die Castle Brewery, begin om bier te verkoop aan die mynwerkers nadat hy 'n geleentheid in die mark opgemerk het. Die nuwe bier het gou gewild geword onder die goudprospekteerders, en in 1889 het een van Johannesburg se vroeë koerante, die Digger's News, verklaar dat dit "'n reuse sukses" is. In 1895, deels weens die sukses van Castle Lager, is die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) gestig, met sy hoofkantoor by die Castle Brewery. Twee jaar later word SAB die eerste industriële maatskappy om op die Johannesburgse Aandelebeurs genoteer te word. Vandag word Castle Lager in nege lande gebrou en is in meer as 40 lande wêreldwyd beskikbaar.[1][2] In 2000 het Castle Lager 'n toekenning in die "Wêreld se Beste Gebottelde Lager" kategorie by die Brewing Industry International Awards ontvang.
<ref>
tag; name "Castle Lager" defined multiple times with different content