Claudio Arrau León (Spaanse uitspraak: [ˈklau̯ðjo aˈrau̯]; 6 Februarie 1903 – 9 Junie 1991) was 'n Chileense pianis wat bekend was vir sy interpretasies van 'n ontsagwekkende repertorium wat van Barokmusiek tot die werke van 20ste eeuse komponiste gestrek het. Hy was veral bekend vir sy interpretasies van Bach, Beethoven, Schubert, Chopin, Schumann, Liszt en Brahms. Hy word beskou as een van die grootste pianiste van die twintigste eeu.[1]Arrau was 'n leerling van Martin Krause, wat op sy beurt 'n leerling was van Liszt.
Arrau was in Chillán, Chile, gebore. Hy was die seun van Carlos Arrau, 'n oftalmoloog oftewel oogkundige wat dood is toe Claudio slegs een jaar oud was; en Lucrecia León Bravo de Villalba, 'n klavieronderwyseres. Hy het behoort aan 'n ou prominente familie van Suid-Chile. Sy voorvader, Lorenzo de Arrau, 'n Spaanse ingenieur, was na Chile gestuur deur Koning Carlos III van Spanje. Arrau was by wyse van sy oumagrootjie, María del Carmen Daroch del Solar, verwant gewees aan die Campbells van Glenorchy, 'n Skotse adellike familie.[2] Arrau was as 'n Katoliek grootgemaak, maar het dit in sy vroeë tienerjare opgegee.[3]
Arrau was 'n wonderkind ek kon musiek lees voordat hy woorde kon lees. Anders as baie virtuose, was daar egter nooit 'n professionele musikant in sy gesin gewees nie. Sy moeder was 'n amateurpianis en het hom aan die instrument bekend gestel. Teen die leeftyd van vier jaar het hy reeds Beethovensonates gelees, en 'n jaar later sy eerste konsert gegee.[4] Toe Arrau ses jaar oud was het hy 'n oudiënsie gehad voor verskeie kongreslede en President Pedro Montt, wat so beïndruk was dat hy met reëlings vir Arrau se toekomstige opvoeding begin het. Arrau het op die ouderdom van agt jaar 'n tien-jaar-lange toegif van die Chileense regering ontvang om in Duitsland te studeer. Hy het saam met sy moeder en suster Lucrecia gereis. Hy was ingeskryf by die Stern Konservatoria van Berlyn waar hy uiteindelik 'n leerling van Martin Krause geword het, wat op sy beurt onder Franz Liszt studeer het. Op die ouderdom van elf jaar kon Arrau Liszt se Transendentale Etudes, een van die moeilikste werke vir die klavier, sowel as Brahms se Variasies op 'n Tema van Paganini speel. Arrau se eerste opnames was op Eolian Duo-Art musiekrolle gemaak. Krause het tydens sy vyfde jaar van onderrig aan Arrau beswyk, en sodoende die vyftienjarige in 'n verwese en hartseer toestand gelos; Arrau het nie na hierdie verlies met formele klavierstudies voortgegaan nie.[4]
In 1935 het Arrau 'n gevierde weergawe van die volledige klawerbordwerke van Johann Sebastian Bach gegee, wat oor twaalf uitvoerings gestrek het. In 1936 het Arrau 'n volledige weergawe van die klawerbordwerke van Mozart gegee, wat oor vyf uitvoerings gestrek het, gevolg deur die volledige Schubert en Weber siklusse. In 1938 het Arrau vir die eerste keer die volledige klaviersonates en - concertos van Beethoven in Meksikostad gespeel. Arrau het bogenoemde prestasies verskeie kere in sy leeftyd herhaal, insluitende in New York en Londen. Hy het een van die voorste kenners op Beethoven in die 20ste eeu geword.[4][5]
In 1937 is Arrau met die mezzo-sopraan Ruth Schneider (1908–1989), 'n Duitser, getroud. Hulle het drie kinders gehad naamlik: Carmen (1938–2006), Mario (1940–1988) en Christopher (1959). In 1941 het die Arrau gesin van Duitsland na die VSA geëmigreer, en hul uiteindelik in Douglaston, Queens, New York, gevestig waar Arrau sy oorblywende jare spandeer het. Hy het in 1979 beide 'n VSA en Chileense burger geword.[6]
Arrau het op 9 Junie 1991 op die ouderdom van 88 jaar in Mürzzuschlag, Oostenryk gesterf as gevolg van komplikasies voortspruitende uit 'n noodoperasie wat op 8 Junie uitgevoer is om 'n blokkasie van die ingewande te verwyder.[7] Sy oorskot was in sy tuisstad van Chillán, Chile begrawe.
Daniel Barenboim het gesê dat Claudio Arrau 'n spesifieke klank met twee karakteristieke gehad het: eerstens 'n volheid wat byna orkestraal van aard was, en tweedens 'n heeltemal liggaamlose toon, wat taamlik betowerend was.[8] Colin Davis het gesê: "Sy klank is verruklik en asemrowend, en dit is geheel en al sy eie... niemand anders kan presies soos hy speel nie. Sy toewyding aan Liszt is buitengewoon en wonderlik. Hy beliggaam daardie musiek op 'n wyse waarop niemand hom dit kan nadoen nie."[8] Volgens die Amerikaanse kritikus Harold C. Schonberg het Arrau altyd " 'n onmiskenbare en besliste romantiese toon in sy interpretasies gehad".[9]
Arrau was 'n intellektueel en 'n besonder reflektiewe interpreteerder. Hy het wyd gelees terwyl hy gereis het, en Engels, Italiaans, Duits, en Frans bykomend tot sy moedertaal Spaans geleer. Hy het in sy twintigerjare bekend geraak met Jung se sielkunde.[10]
Arrau se houding ten opsigte van musiek was baie ernstig. Hy het getrouheid aan die partituur bepleit en gepreek, maar ook verbeelding voorgestaan. Alhoewel hy dikwels met stadiger en meer doelbewuste tempo's gespeel het vanaf sy middeljare, het hy 'n reputasie gehad as 'n verruklike virtuoos in sy vroeë jare - 'n reputasie wat ondersteun word deur opnames wat hy op die tydstip gemaak het-; soos byvoorbeeld Balakiref se Islamey en Liszt se Grandes études de Paganini. Hy het egter selfs in die latere stadium van sy loopbaan daartoe geneig om met minder behoedsaamheid en selfbeheersing tydens lewendige konserte as in die ateljee te speel.
Arrau was 'n man van uitsonderlike moed; selfs aan die einde van sy lewe het hy sonder uitsondering 'n program van groot en veeleisende konserte gevolg, insluitende werke soos Beethoven se Keiserconcerto en Brahms se Eerste Klavierconcerto.[5]
Verskeie pianiste het onder Arrau gestudeer, insluitende onder andere Karlrobert Kreiten, Garrick Ohlsson, Nelson Delle-Vigne Fabbri, Roberto Szidon, Stephen Drury en Roberto Eyzaguirre.
Hy was 'n gereelde opvoerder: van die ouderdom van veertig tot sestig jaar het hy gemiddeld honderd-en-twintig konserte per seisoen gegee, met 'n baie groot repertorium. Hy het gereeld die volledige klawerbordconcertos van Bach, Mozart, Beethoven en Chopin opgevoer; maar ook die werke van minder bekende komponiste soos Alkan en Busoni en obskure werke uit die Liszt-repertorium. Dit word beraam dat Arrau se totale repertorium hom deur ses-en-sewentig aande se uitvoerings sou neem, welke nie die sestig of so orkeswerke insluit waarmee hy ook bekend was nie.[4]
Arrau het 'n aansienlike deel van die klaviermusiek van Schumann, Chopin en Liszt opgeneem. Hy het die volledige Beethoven klaviersonates vir die Peters-uitgawe geredigeer en in 1962–1966 alles daarvan op die Philips Classics Records plate-etiket opgeneem. Hy het van 1984 tot 1990 byna gelyktydig al die sonates, saam met Mozart se klaviersonates, weer opgeneem. Hy is ook bekend vir sy opnames van Schubert, Brahms en Debussy.
Noemenswaardige opnames:
Ten tyde van sy dood op die ouderdom van 88 jaar was Arrau besig om die volledige werke van Bach vir die klawerbord-instrument op te neem. Hy was ook besig met die proses om sommige stukke van Haydn, Mendelssohn, Reger en Busoni, sowel as Boulez se derde klaviersonate, voor te berei. Die Robert Schumann-genootskap het die Arrau-medalje in 1991 op die been gebring. Dit is al aan András Schiff, Martha Argerich en Murray Perahia toegeken.
Brahms 2 Klavierconcertos met Carlo Maria Giulini en die Philharmonia Orchestra [EMI Opgeneem in 1960 & 1962]
Beethoven 5 Klavierconcertos met Bernard Haitink en die Concertgebouw-orkes [Philips Opgeneem in 1964]
Schumann Sonate Op.11, Fantasiestücke Op.111 [Philips Opgeneem in 1967 & 1968]
Brahms 2 Klavierconcertos met Bernard Haitink en die Concertgebouw-orkes [Philips Opgeneem in 1969]
Liszt Volledige Konsert Parafrases op operas deur Verdi [Philips Opgeneem in 1971]
Liszt 12 Etudes d'exécution Transcendente [Philips Opgeneem in 1974 & 1976]
Liszt 2 Klavierconcertos met Colin Davis en die Londen Simfonieorkes [Philips Opgeneem in 1979]
Chopin Volledige Nokturnes [Philips Opgeneem in 1977 & 1978]
Chopin Volledige Etudes [EMI Opgeneem in 1956, Verwerk in 1987]
Chopin Volledige Etudes [EMI Opgeneem in 1956, Verwerk in 1987]
Schumann Klavierconcerto, Karnaval & Beethoven Sonate Op.111 [EMI Verfilm in 1963, 1961 & 1970]
Liszt Solo Klavierwerke: Ballade No.2, Jeux d'eaux à la villa d'Este, Vallée d'Obermann…… [Philips Opgeneem in 1969]
Schumann Omvattende Solo Klavierwerke [Philips Opgeneem van 1966 tot 1976]
Beethoven 5 Klavierconcertos met Colin Davis en die Staatskapelle Dresden [Philips Opgeneem in 1984 & 1987]
Chopin Volledige Etudes [EMI Opgeneem in 1956, Verwerk in 1987]
Chopin Volledige Etudes [EMI Opgeneem in 1956, Verwerk in 1987]
<ref>
tag; no text was provided for refs named NYT
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |