![]() |
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Probleem: Heelwat taal- en stylprobleme Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. Hierdie kennisgewing is op 2015-06-08 hier geplaas. |
Kamov Ka-50: Swart Haai | |
---|---|
![]() | |
Naam: | DCS |
Herkoms: | Moskou, Rusland |
Genre: | Vliegnabootser |
Nagebootsde vliegtuie: | Kamov Ka-50, A-10C |
Media: | Aflaai / DVD |
Bekendstelling: | Nov-2008 |
Huidige versie: | 1.02 |
Speelmoontlikheid: | Internet, enkelspeler |
Sisteem eise: | Aanbeveling: Windows XP, Dual Core 2.0Ghz 2Gb geheue, 256Mb DirectX 9 videokaart, 4Gb hardeskyfruimte, geluidskaart, internetverbinding.
Opsioneel: Naturalpoint TrackIR, Saitek X-52 stuurstang |
Digital Combat Simulator (DCS) is 'n akkurate militêre vliegnabootser rekenaarspel ontwikkel en vervaardig deur Eagle Dynamics (ED) in Moskou, Rusland.
DCS is 'n produkreeks bedoel om militêre vliegtuie en helikopters tot in die fynste detail na te boots. ED wil niks minder as die werklikheid naboots, want daarmee wil hulle hul produk aan die militêre industrie verkoop. Die eerste DCS-produk is 'n volledige nabootsing van die Russiese Ka-50 Swart Haai (NAVO: Hokum-A) gevegshelikopter (Russies: Чёрная Акула/Tsernaija Akoula). Alle daaropvolgende DCS produkte word in 'n module-formaat aan die koperspubliek beskikbaar gestel. Die voorganger van DCS:Ka-50 was Lockon Flaming Cliffs (Russies: Горячие скалы) wat 'n generiese nabootser vir alle vliegtuie gebruik het. Vir hul koperspubliek was LOFC 'n teleurstelling omdat vliegtuie soos die MiG-29C en F-15C byna dieselfde gemodelleer is.
In DCS is elke module 'n beheerbare vliegtuig / helikopter. Elke module is 'n onafhanklike produk wat jy op DVD koop of kan download.
Huidige modules:
Ten spyte van die feit dat elke module slegs op één vliegtuig gebaseer word, word die vliegtuig tog tot in die fynste detail nageboots. In DCS: Ka-50 is selfs die olie toevoer onder ekstreme koue weer nageboots. As die helikopter uiterste koue weer vlieg en die brandstofverwarmer is nie aangeskakel nie, sal die brandstoftoevoer vasvries met gevolg dat die enjins geen brandstoftoevoer kry nie. In daaropvolgende DCS modules, soos DCS: A-10C is die realisme met nog beter verfynd soos die moontlikheid om in wisselende weersomstandighede te vlieg, of jou gevegstroepe te stuur.
Algemene doelstellinge van elk DCS module:
Die eerste DCS module genaamd DCS: Black Shark (DCS: Черная Акула) is ontwikkel met 'n samewerkingsooreenkoms tussen ED en Kamov. Die kajuit is lewensgetrou op jou rekenaar skerm nageboots. Jy kan met 'n muis of aanraakskerm byna alle knoppe en skakelaars gebruik, net asof jy in die egte helikopter sit. Om die nagebootsde helikopter aan te skakel moet jy presies dieselfde stappe uitvoer as in die ware Jakob. Daar is ongeveer 500 verskillende sleutelbord kombinasies vir alle knoppe en instellings. Om die mees realistiese simulasie belewenis te beleef word aanbeveel dat jy DCS met die 6DOF-funksionaliteit van 'n TrackIR en 'n Saitek X-52 stuurstang vlieg. Op die installasie CD is 9 vlieglesse en videogrepe om jou te leer om die helikopter aan te skakel, hoe om navigasie te doen met die GLONASS en ABRIS-sisteem. GLONASS (afkorting van ГЛОбальная НАвигационная Спутниковая Система; GLObal'naya NAvigatsionnaya Sputnikovaya Sistema) is die Russiese eie satelliet nagiasie sisteem, die amerikaanse tegenhanger is GPS.
Kenmerke van die nagebootsde Ka-50:
DCS: Ka-50 kan op 'n Eenvoudige Spel modus gespeel word sodat selfs gemakstoel vlieëniers ook die spel kan speel. Die meeste mense speel DCS: Black Shark op volledige realistiese nabootser modus.
In Okt-2010 het Eagle Dynamics 'n publieke Beta versie van DCS: A-10C vrygestel. Dit was die tweede DCS module genaamd ontwikkeld vir die Amerikaanse Lugmag, maar met 'n samewerkingsooreenkoms mag ED dit ook vrystel in 'n publieke weergawe. soos verwag van ED is die A-10C tot op detail nageboots, met 'n aankliekbare kajuit, mavericks lansering en die "Skerskutter"-pod is ook in die spel.
Belangrike nagebootsde hoogtepunten in die A-10C 'Warthog' (Afrikaans: vlakvark)
DCS is 'n voortvloeisel van 'n vorige weergawe van Lockon Flaming Cliffs (LOFC). in Mei-2010 is DCS en LOFC met elkaar aanpasbaar gemaak sodat DCS en LOFC in veelspeler saam in dieselfde sendings kan vlieg.
Eagle Dynamics het in Julie 2009 bekend gemaak dat hulle reeds in 'n gevorderde stadium is met die ontwikkeling van die DCS: A-10C 'Warthog' (Afrikaans: vlakvark, Nederlands: wrattenzwijn) module wat in 2010 in béta formaat op die mark verskyn het. Alle DCS produkte is onderling aanlyn met aanpasbaar, spelers met DCS: A-10C en DCS:Ka-50 kan saam as span aan aanlyn sendings deelneem.