Dominica

Gemenebes Dominica
Commonwealth of Dominica (Engels)
Vlag van Dominica Wapen van Dominica
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Après Bondie, C'est La Ter[1] (Antilliaanse Kreools)
Après le Bon Dieu, c'est la Terre (Frans)
(Afrikaans: "Na God volg die Aarde")
Volkslied: Isle of Beauty, Isle of Splendour
(Engels vir: "Eiland van skoonheid, eiland van prag")
Ligging van Dominica
Hoofstad Roseau

15°18′N 61°23′W / 15.300°N 61.383°W / 15.300; -61.383

Grootste stad Roseau
Amptelike tale Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Sylvanie Burton
Roosevelt Skerrit
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk

1 Maart 1967
3 November 1978
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
750 km2  (174ste)
290 myl2
1,6
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
72 412[2][3] (195ste)
71 293[4]
105 / km2 (95ste)
271,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$1,055 miljard[5]
$14 161[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$681 miljoen[5]
$9 144[5]

MOI (2021) 0,720[6] (102de)  –  hoog
Geldeenheid Dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .dm
Skakelkode +1-767

Dominica (Engels: [ˌdɒmɪˈniːkə], ; Frans: Dominique), amptelik die Gemenebes Dominica (Engels: Commonwealth of Dominica; Frans: Commonwealth de la Dominique), is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 750 km² en 'n bevolking van 72 412 in 2022. Dit behoort aan die Klein-Antille.

Dominica, soos gesien vanaf die Internasionale Ruimtestasie
Kaart van Dominica

Dominica is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit grens in die noorde aan Guadeloupe en in die suide aan Martinique. Die hoofstad en grootste stad is Roseau.

Dominica is op 3 November 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en ná die Latynse woord vir Sondag (dies Dominica – "dag van die Here"), die weeksdag van die ontdekking, genoem. Die Spanjaarde het probeer om op dié eiland te vestig, maar hulle is deur die inheemse bevolking uitgestoot. In 1632 het die Franse Compagnie des Îles de l'Amérique Dominica en ander Petites Antilles vir Frankryk opgeëis, maar eers in 1690 is eerste permanente nedersettings gestig. Franse houtkappers van Martinique en Guadeloupe het in Dominica gevestig en hulle het slawe uit Wes-Afrika na dié eiland gebring. Tydens die Sewejarige Oorlog het die Britte in 1761 Dominica en ander Franse eilande in die Karibiese gebied verower en dié eiland is volgens die Verdrag van Parys in 1763 deur Frankryk aan Groot-Brittanje afgestaan.

Tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog het Frankryk in 1778 met ondersteuning van die inheemse bevolking probeer om Dominica te verower, maar is deur die Britte verslaan en dié oorlog is met die Vrede van Parys in 1783 beëindig. Weens grootskaalse weerstand deur die bevolking kon die Verenigde Koninkryk eers in 1805 met die kolonisering van dié eiland begin en Dominica is by die Britse Ryk ingelyf. In 1833 is slawerny deur die Britte verbied. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.

Op 3 November 1978 het Dominica van die Verenigde Koninkryk onafhanklik en 'n republiek binne die Britse Statebond geword. Die eiland is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[7]

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die Kalinago het die eiland Wai‘tu kubuli genoem, wat "groot is haar lyf" beteken.[8]

Christophorus Columbus het die eiland "Dominica" genoem, na die Latynse term dies Dominica vir Sondag, die dag waarop hy die eiland in November 1493 vir Europa ontdek het.[9]

Dominica se naam word uitgespreek met klem op die derde lettergreep,[10][11] na aanleiding van die Spaanse uitspraak.[12]

Die soortgelyke name en die identiese demoniem met die Dominikaanse Republiek het daartoe gelei dat sommige in Dominica vir 'n naamsverandering pleit om sy eie afsonderlike identiteit te beklemtoon.[13]

Sport

[wysig | wysig bron]

Krieket is Dominica se gewildste sportsoort. Dominica is een van die eilandstate wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Coat of Arms – Government of the Commonwealth of Dominica". Regering van Dominica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 19 Mei 2018.
  2. (en) "World Population Prospects 2022". Verenigde Nasies. Besoek op 3 Oktober 2023.
  3. (en) "World Population Prospects 2022: Demographic indicators by region, subregion and country, annually for 1950–2100". Verenigde Nasies. Besoek op 3 Oktober 2023.
  4. (en) "2011 POPULATION AND HOUSING CENSUS" (PDF). Regering van Dominica. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Junie 2019. Besoek op 19 Mei 2018.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Dominica". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 3 Oktober 2023.
  6. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 3 Oktober 2023.
  7. (en) "Dominica". Central Intelligence Agency. Besoek op 3 Oktober 2023.
  8. (en) "Discover Dominica: an introduction to our Caribbean island". Dominica.dm. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2010. Besoek op 23 September 2010.
  9. (en) "Dominica". Encyclopædia Britannica. Besoek op 3 Oktober 2023.
  10. (en) "One woman's fight to get David Dimbleby to correctly pronounce Dominica". The Guardian. 12 November 2014. Besoek op 3 Oktober 2023.
  11. (en) "Learn about Dominica". A Virtual Dominica. Besoek op 3 Oktober 2023.
  12. (en) David Whitley (29 Januarie 2016). "The 22 places you're probably pronouncing incorrectly". Stuff. Besoek op 3 Oktober 2023.
  13. (en) Dian Rolle (4 Mei 2021). "COMMENTARY: It's time for a new identity". Dominica News Online. Besoek op 3 Oktober 2023.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]