Donkerhaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. obscurus
|
Binomiale naam | |
Carcharhinus obscurus (Lesueur, 1818)
| |
Bevestigde (donkerblou) en vermoedelike (ligblou) verspreiding | |
Sinonieme | |
Carcharhinus iranzae Fourmanoir, 1961 *ambiguous synonym |
Die donkerhaai (Carcharhinus obscurus) is 'n haai wat in al die oseane van die wêreld voorkom. In Suider-Afrika kom dit voor van die Wes-Kaap tot by Mosambiek en ook Madagaskar. In Engels is die haai bekend as die dusky shark. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Die haai het 'n skerp snoet en 'n tipiese haaivoorkoms. Dit word tot 4,2 m lank. Die grootste vis wat in Amerika gevang is, het 347 kg geweeg.
Die volwasse haaie kom voor in water van 200–400 m diep terwyl die onvolwassenes in vlakker water hou. Hulle eet 'n verskeidenheid vis en dooie seesoogdiere. Hulle is vivipaar met 6-14 kleintjies wat op 'n keer gebore word, gewoonlik in die vroeë winter in KwaZulu-Natal. Hulle migreer ook saam met die sardynloop.