Dési Bouterse | |
Dési Bouterse in 2010 | |
8ste President van Suriname
| |
Ampstermyn 12 Augustus 2010 – 16 Julie 2020 | |
Vise | Robert Ameerali Ashwin Adhin |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ronald Venetiaan |
Opgevolg deur | Chan Santokhi |
President pro tempore van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies
| |
Ampstermyn 30 Augustus 2013 – 4 Desember 2014 | |
Voorafgegaan deur | Ollanta Humala |
Opgevolg deur | José Mujica |
Voorsitter van die Nasionale Militêre Raad
| |
Ampstermyn 25 Februarie 1980 – 27 November 1987 | |
President | Johan Ferrier Henk Chin A Sen Fred Ramdat Misier |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 13 Oktober 1945 Domburg, Suriname |
Politieke party | Nasionale Demokratiese Party (NDP) |
Eggenoot/-note | Ingrid Figueira (tot 1990) Ingrid Waldring (sedert 1990) |
Kind(ers) | Peggy, Dino, Jen-ai |
Religie | Pinksterbeweging |
Desiré Delano Bouterse (gebore 13 Oktober 1945) is 'n voormalige Surinaamse militêre leier en staatshoof, asook die Nasionale Demokratiese Party (NDP) se voorsitter.
Bouterse se naam word vereenselwig met die militêre bewind wat Suriname van 1980 tot die begin 1990's beheer het. Op 25 Februarie 1980 het 'n militêre junta onder leiding van Bouterse 'n staatsgreep in Suriname uitgevoer. Hoewel die President in sy pos behou is, was die Voorsitter van die Nasionale Militêre Raad onder Bouterse die de facto heerser totdat hy in 1988 bedank het. Hy was self die President in 1982.
Bouterse was 'n leidende figuur in die burgeroorlog wat na-onafhanklikheidswording in Suriname uitgebars het en word blameer vir die sogenaamde Desember-moorde in 1982. Hy is ook beskuldig van betrokkenheid in dwelmhandel, en 'n Nederlandse hof het hom in absentia skuldig bevind aan onwettige kokaïne handel in Julie 1999. Hy is steeds woonagtig in Suriname en kan nie uitgelewer word aan Nederland nie, vanweë sy status as voormalige staatshoof.
Na die oorgang tot burgerlike regering, wat deur onderskeidelik Ronald Venetiaan, Jules Wijdenbosch en weer Venetiaan gelei is, het Bouterse onsuksesvol probeer om staatshoof te word in die algemene verkiesings.
Hoewel Bouterse in Nederland skuldig bevind is, is hy steeds 'n vrye man in Suriname. Die Surinaamse regering is tans onsuksesvol besig om die Desember-moorde en Bouterse se rol daarin te ondersoek. Hy ontken enige betrokkenheid aan die moorde.
By die verkiesings van 2010 is Bouterse verkies tot president van Suriname. Hy het dit tot 2020 gebly, toe sy party die verkiesings verloor het en Chan Santokhi van die VHP president geword het.
Op 29 November 2019 is hy deur die Surinaamse krygsraad met twintig jaar tronkstraf gevonnis. Hy het egter teen hul skuldigbevinding geappelleer, en hy het vry gebly. Die uitspraak sal op 20 Desember 2023 volg.