Emmanuel Hiel | |
---|---|
Emmanuel Hiel | |
Gebore | Sint-Gillis-Dendermonde, België | 30 Mei 1834
Sterf | 27 Augustus 1899 (op 65) Schaarbeek, België |
Nasionaliteit | Belgies |
Beroep | Digter, skrywer |
Emmanuel Hiel (30 Mei 1834 – 27 Augustus 1899), was 'n Vlaams-Nederlandse digter en prosaskrywer.
Hiel is in Sint-Gillis-Dendermonde gebore. Gedurende sy lewe het hy verskillende poste beklee, van onderwyser en regeringsamptenaar tot joernalis en boekhandelaar. Sy laaste poste was dié van bibliotekaris by die Nywerheidsmuseum en professor in deklamasie aan die Konservatorium in Brussel. [1]
Hiel het 'n aktiewe en prominente rol gespeel in die Vlaamse Beweging in België en sy naam word verbind met die van Jan van Beers, Jan Frans Willems en Peter Benoit. Benoit het van Hiel se verse getoonset, vernaam in sy oratoriums Lucifer (opgevoer in Londen in die Royal Albert Hall en elders) en De Schelde. Hierdie en ander musiek het 'n groot bydrae gelewer tot die gewildheid van Hiel se skryfwerk in skole en onder Belgiese koorverenigings. [1]
Hiel het ook verskeie lirieke uit die buiteland vertaal. Sy weergawe van Tennyson se Dora is omstreeks 1871 in Antwerpen gepubliseer. Ter herdenking van vyftig jaar van Belgiese onafhanklikheid het hy vir die nasionale fees in Brussel in 1880 twee kantates getiteld Belgenland en Rer Belgenland gekomponeer. [1]
Hiel se pogings om Walloniese invloede teë te werk en 'n toenadering tussen Nederlanders in die noorde en die Teutoniese rasse-simpatiseerders oorkant die Ryn te bewerkstellig het hom baie gewild gemaak by albei. 'n Volume van sy beste gedigte het in 1874 die eerste deel uitgemaak van 'n bundel bestaande uit werke deur Nederlandse skrywers wat in Leipzig, Duitsland gepubliseer is. [1]
Hy is in 1899 in Schaarbeek oorlede.
Van sy meer bekende digterlike werke is:
Sy versamelde poëtiese werke is in 1885 in drie bundels in Roeselare gepubliseer. [1]