Eridu | ||
Land | ![]() | |
Soort | Nedersetting | |
Streek | Mesopotamië | |
Oppervlakte | Hoogstens 10 ha | |
Geskiedenis | ||
Gestig | Omstreeks 5400 v.C. | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Deel van | Ahwar van Suid-Irak | |
Tipe | Gemeng | |
Kriteria | (iii)(v)(ix)(x) | |
Verwysing | 1481-007 | |
Inskripsie | 2016 | |
Streek† | Suid-Irak | |
Beskrywing* | Tell Eridu Archaeological Site | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Eridu (Sumeries: 𒉣𒆠, NUN.KI/eridugki; Akkadies: Irîtu; Arabies: Tell Abu Shahrain) is ’n argeologiese terrein in Suid-Mesopotamië (die hedendaagse Irak). Dit is lank beskou as die vroegste stad in die streek.[1]
Eridu is 12 km suidwes van Ur geleë en was die suidelikste stad in ’n groep Sumeriese stede wat feitlik binne sig van mekaar om tempels ontwikkel het.[2] In die Sumeriese mitologie was Eridu oorspronklik die tuiste van die god Enki, wat later onder die Akkadiërs as Ea bekend was. Hy is algemeen beskou as die stigter van die stad. Sy tempel is É-Abzu genoem, want daar is geglo Enki woon in Abzu, die oersee waaruit alle lewe ontstaan het.
Die terrein by Tel Abu Shahrain, naby Basra, is al vier keer uitgegrawe, aanvanklik deur John George Taylor in 1855, R. Campbell Thompson in 1918 en H.R. Hall in 1919.[3][4][5] Uitgrawings is van 1946 tot 1949 hervat onder Fuad Safar en Seton Lloyd van Irak.[6]
Volgens A. Leo Oppenheim het die argeologiese ondersoeke getoon die hele suide het eindelik gestagneer en dat die politieke inisiatief aan die stede van die noorde oorgelaat is, moontlik weens die toenemende versouting van die grond as gevolg van voortdurende besproeiing, en van 600 v.C. af was die stad verlate.[7]