Animasie wat die beweging van Eris aandui op die beelde wat tot die ontdekking daarvan gelei het. Eris word uitgewys met 'n pyl. Die drie rame is oor 'n tydperk van drie uur geneem.
'n Kunstenaarsvoorstelling van Eris.
'n Kunstenaarsvoorstelling van Eris met sy satelliet Disnomia.
Eris is drie keer verder van die son af as Pluto, naamlik 96,7 AE. Dit is die voorwerp met die negende grootste massa wat regstreeks om die Son wentel, en die 16de grootste massa in die Sonnestelsel (sewe mane is swaarder as al die bekende dwergplanete). Dit is ook die grootste liggaam wat nog nie deur ’n ruimtetuig besoek is nie. Eris het ’n deursnee van 2 326 km.[7] Sy massa is sowat 0,27% van die Aarde s'n[20][14] en sowat 27% meer as Pluto s'n, hoewel Pluto groter is.[15]
Eris is verder as die Kuiper-gordel geleë, in 'n streek wat as die verstrooide skyf bekend staan. Dit het self 'n natuurlike satelliet, Disnomia. Onlangse waarnemings het geen aanduidings van ander mane gevind nie. Met die uitsondering van 'n paar komete en 2018 VG18, wat op 17 Desember 2018 ontdek is, is Eris en Disnomia die mees afgeleë natuurlike voorwerpe in die Sonnestelsel.[2][10]
Omdat eers geglo is dat Eris groter as Pluto is, het sy ontdekkers en Nasa dit aanvanklik as die 10de planeet in die Sonnestelsel beskryf. Hierdie beskrywing en die potensiële bestaan van ander soortgelyke hemelliggame het die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) genoodsaak om die term "planeet" vir die eerste keer te definieer. Volgens hierdie definisie, wat op 24 Augustus 2006 aanvaar is, word Eris, Pluto, Ceres, Haumea en Makemake tans almal as "dwergplanete" geklassifiseer. So is die getal planete in die Sonnestelsel tot agt verminder, dieselfde as voor Pluto se ontdekking in 1930.
↑Brown, Mike (2010). "The shadowy hand of Eris" (in Engels). Mike Brown's Planets. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 7 November 2010.
↑Stern, S. A.; Grundy, W.; McKinnon, W. B.; Weaver, H. A.; Young, L. A. (2017). "The Pluto System After New Horizons". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 2018: 357–392. arXiv:1712.05669. doi:10.1146/annurev-astro-081817-051935.