Ferdinand Bordewijk (10 Oktober1884, Amsterdam – 28 April1965, Den Haag), pennaam F. Bordewijk, was 'n Nederlandseskrywer van romans, novelle, toneelstukke, prosagedigte, parodieë, grafredes en kritiek. Hy was 'n prokureur van beroep. Hy is veral bekend vir die drieluik getiteld Blokken (1931), Knorrende beesten (1933) en Bint (1934), en vir die romanKarakter (1938), wat in 1997 deur Mike van Diem verfilm is. Hy ontvang in 1953 die P.C. Hooft-prijs vir twee werke: die novellebundel Studiën in volksstructuur (1951) en die roman De doopvont (1952). Die Vijverberg-prys van die Jan Campert Stigting is in 1979 herdoop tot die F. Bordewijk-prijs. Bordewijk beskou self die roman Noorderlicht (1948) as sy beste werk. F. Bordewijk word saam met Simon Vestdijk beskou as die belangrikste Nederlandse prosaïs van sy generasie.[1]
Ferdinand Johan Wilhelm Christiaan Karel Emiel Bordewijk is op 10 Oktober1884 in Jan Steenstraat in Amsterdam gebore.[2] Hierdie ses voorname het hy op 13 Maart 1919 in Den Haag na Ferdinand laat verander. Sy vader het by die departement van Waterbestuur gewerk. 'n Jaar na sy geboorte verhuis die gesin na Singel 198; Bordewijk beskryf hierdie woning in die novelle Keizerrijk in die bundel De wingerdrank uit 1937. In 1894 verhuis die gesin na Den Haag; dit was die begin van 'n reeks verhuisings wat moontlik die grondslag was van die opmerklike aandag wat argitektuur in Bordewijk se werk geniet het.[3]
Bordewijk het skoolgegaan aan die gimnasium aan die Hoge Westeinde.[4] Daarna studeer hy regte aan die Rijksuniverseit Leiden. Hy promoveer hier op Vrydag 3 Mei 1912 op 30 stellings tot doktor in die regswetenskap.[5] In 1913 word hy as prokureur beëdig en betree 'n groot prokureurskantoor in Rotterdam. 'n Deel van die inspirasie vir die roman Karakter van 'n kwart eeu later is gebaseer op die ervaringe wat hy in hierdie tydperk opdoen.[6] In 1914 trou hy met die Nederlandse komponis Johanna Bordewijk-Roepman.
In 1916 debuteer hy sonder veel sukses met die digbundelPaddestoelen onder die skuilnaamTon Ven, wat hy hierna tale male sou gebruik. In 1919 was Bordewijk vir 'n kort ruk dosent in handelsreg aan die Handelskool geleë in Van Alkemadeplein in Rotterdam.[7] Die indrukke wat hy daar opgedoen het, sou die basis vorm van sy roman Bint wat vyftien jaar later uit sy pen sou verskyn. Hierna begin hy te praktiseer te Schiedam. Hy het egter in Den Haag bly woon, met die uitsondering van vier maande in 1945 toe die bombardement op die woonwyk Bezuidenhout hom genoop het om ander verblyf te soek.[8]
As prosaïs debuteer Bordewijk met Fantastische vertellingen (1919), 'n bundel met vyf novelles. Daarna volg Fantastische vertellingen: tweede bundel (1923, eweneens vyf verhale) en Fantastische vertellingen: derde bundel (1924, drie novelles). Die dertien verhale uit die drie bundels word gesien as grieselrige verhale met absurde wendings (in De rode grijsaard uit die derde bundel trou 'n vrou met 'n aap).[9]
Hierdie fantastiese vertellinge toon reeds die kenmerke van Bordewijk se latere verhale. Die oorheersende motiewe wat daarin gesien kan word is waansin, misdadigheid en ontug, waarvan veral misdadigheid in sy latere werk dikwels sal terugkeer. Daar is sprake van skisofrene vervolgingswaansin (Dr. Testals dubbelganger eerste bundel), van godsdienstige waansin wat uitloop op moord (In plenitudine Christi, eerste bundel), owerspel (Talamon of Ye Olde Bowe, derde bundel) en 'n massamoordenaar (Marion Quinn , derde bundel). 'n Tweede ooreenkoms met die latere Bordewijk is die fantastiese aard van verskeie van die verhale, nie net in die beperkte sin van die bonatuurlike of die onwaarskynlike nie, maar ook in 'n breër sin as seldsaam of merkwaardig. Tatjana uit die tweede bundel handel byvoorbeeld oor 'n Nederlandse handelaar wat probeer om die dogter van 'n tsaar uit rewolusionêre Rusland te smokkel.[10]
Die verhaal Marion Quinn uit die derde bundel is in tweërlei opsigte 'n oorgangsverhaal. Literêr-esteties word dit deur sommige kritici gesien as superieur tot die ander dele van die drie bundels. Inhoudelik wys dit vooruit op die kort prosawerke sonder literêre pretensies wat Bordewijk vanaf 1950 sou publiseer. [11] In al die ontwikkeling wat hy sou deurgaan, het Bordewijk dadelik in een opsig getoon dat hy stylvol was: van die begin af het sy verbeelding prosa van 'n kenmerkende kort lengte van slegs 'n paar dosyn bladsye voortgebring.
Blokken (1931) Omslagontwerp A.M. Oosterbaan
Stofomslag (1931)
Knorrende beesten (1933) Omslagontwerp Oosterbaan en Kees Strooband
Bordewijk se selfontwikkelde tematiek en styl is nie uitgebreid nagevolg nie. Sy werk word egter nog steeds druk gelees: so verskyn in die tydperk 2000-2015 meer as dertig herdrukke van sy werk, asook vertalings daarvan in Italiaans, Engels, Duits, Turks en Slowaaks.[12] In 2014 is die Bordewijkgenootschap opgerig wat aktiwiteite rondom die herdenking van die vyftigste sterfdag van Bordewijk in 2015 georganiseer het.[13]
Bordewijk se Verzameld werk (1982-1991), wat by die uitgewery Nijgh & Van Ditmar verskyn het, sou oorspronklik bestaan het uit elf dele, maar dit het uiteindelik 13 geword: vyf dele romans, vier dele verhale en novelles, twee dele diverse publikasies met verskillende werke soos gedigte en toneelstukke, en twee dele kritiese prosa, met in die afsluitingsdeel 'n verdere bibliografie en registers.
Blokken; Knorrende beesten; Bint; Rood paleis; Karakter. 1982, 645 p.
Apollyon. 1982, 526 p.
Eiken van Dodona; Noorderlicht. 1983, 720 p.
De doopvont. 1983, 541 p.
Bloesemtak; Tijding van ver; De Golbertons. 1984, 694 p.
Fantastische vertellingen; Fantastische vertellingen, tweede bundel; Fantastische vertellingen, derde bundel; De Laatste eer; De wingerdrank. 1984, 711 p.
De korenharp; Bij gaslicht; Zwanenpolder; Het eiberschild. 1985, 752 p.
Vertellingen van generzijds; De korenharp, nieuwe reeks; Studiën in volksstructuur; Mevrouw en meneer Richebois; Onderweg naar de Beacons. 1985, 738 p.
De zigeuners; De aktentas; Centrum van stilte; Lente; Verspreide verhalen. 1986, 725 p.
Verspreide verhalen; Idem; Gedichten; Drie toneelstukken; Halte Noordstad. 1986, 719 p.
Haagse mijmeringen; Wandelingen door Den Haag en omstreken; Geachte confrère; Juridische varia; Plato's dood; Bint scenario's; Varia. 1988, 634 p.
Kritisch proza. 1989, 623 p.
Kritisch proza, addenda, bibliografie, registers. 1991, 659 p.
Die name wat hy in sy romans gebruik is opvallend. In Bint kom die volgende lys van name voor: Peert – Kiekertak – Bolmikolke – Klotterbooke – Taas Daamde – Whimpysinger – De Moraatz – Van der Karbargenbok – Surdie Finnis - Schattenkeinder. Enkele name uit Karakter is: Dreverhaven – Katadreuffe – Stroomkoning – Te George – Rentenstein – De Gankelaar – Den Hieperboree. In Blokken kom die name Glüschaint - De Marcas - Tannenhof - Tekalopte en Ypsilinti voor. Daar word beweer dat hy hierdie name in die telefoongids gevind het. 'n Ondersoek[14] het egter getoon dat dit nie die geval is nie.
1971 - Karakter, minireeks deur Walter van der Kamp, met Ko van Dijk jr. as Dreverhaven en Lex van Delden as Katadreuffe
1972 - Bint, deur Jan Blokker en Krijn ter Braak, uitgesaai deur die Vpro
1997 - Karakter, bioskoopfilm deur Mike van Diem. Dit het 'n Oscar gewen vir beste nie-Engelstalige film, met Jan Decleir as Dreverhaven en Fedja van Huêt as Katadreuffe
↑W. Blok, Ferdinand Bordewijk G.J. van Bork en P.J. Verkruijsse, De Nederlandse en Vlaamse auteurs van middeleeuwen tot heden met inbegrip van de Friese auteurs. De Haan, Weesp 1985, p. 91. Geraadpleeg op 8 Oktober 2013, p. 91.
Hans Anten, Knorrende beesten, in: Het bekoorlijk vernis van de rede. Over poëtica en proza van F. Bordewijk (Hoofdstuk 2). Groningen, 1996, p.56-88 en 222-230 (notas).