Fiela se Kind
| |
---|---|
Skrywer | Dalene Matthee |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Genre | Drama |
Uitgewer | Tafelberg Uitgewers |
Uitgegee | 1985 |
ISSN | 624022692 |
Voorloper | Kringe in ’n bos |
Vervolg | Moerbeibos |
Fiela se kind is 'n Suid-Afrikaanse roman deur Dalene Matthee wat in 1985 gepubliseer is. Die boek is oorspronklik in Afrikaans geskryf, maar is later in verskeie andere tale, waaronder Engels, Frans, Duits, Nederlands, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands, vertaal.
Die verhaal speel hom af in die negentiende eeu in die woude van Knysna, Suid-Afrika, en handel oor die ervaringe van 'n Kleurlingvrou en haar gesin wat 'n wit weggooikind aanneem. Nege jaar later word die kind van haar weggeneem en gedwing om by 'n wit houtkappersgesin te woon wat beweer dat hy hul verlore seun is. Ironies genoeg is sy omstandighede by die wit gesin heelwat slegter as by die bruinmense, wat as van 'n laer klas beskou is vanweë hul ras. Die klimaks volg 'n paar jaar later wanneer sy wit "moeder" erken hy is nie haar regte seun nie en hy na sy oorspronklike gesin (Fiela en haar man Selling, nie sy biologiese ouers nie) terugkeer.
Die roman is verfilm en die rolprent Fiela se kind is in 1988 uitgereik, met Shaleen Surtie-Richards in die rol van Fiela.