| |||||
Volle naam | Petrus Fourie du Preez | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 24 Maart 1982 | ||||
Geboorteplek | Pretoria, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,82 m | ||||
Massa | 91 kg | ||||
Skool | Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria | ||||
Universiteit | Universiteit van Pretoria | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Skrumskakel | ||||
Springbokno. | 757 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Tukkies | |||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011–2016 | Suntory Sungoliath | 45 | (45) | ||
korrek soos op 31 Mei 2018. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2002–2011 | Blou Bulle | 52 | (95) | ||
korrek soos op 31 Mei 2018. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2003–2011 | Bulls | 112 | (110) | ||
korrek soos op 31 Mei 2018. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2002–2003 2004–2015 |
Junior Bokke Suid-Afrika |
9 76 |
(5) (80) | ||
korrek soos op 31 Mei 2018. |
Petrus Fourie du Preez (gebore op 24 Maart 1982 in Pretoria, Suid-Afrika) is 'n oud-Springbok rugbyspeler wat lank vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in die Super 14 gespeel het. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
Hy was van 2011 tot Januarie 2016 deur Suntory Sungoliath gekontrakteer om vir dié Japannese span in die "All Japan Rugby Football Championship" te speel. Sy laaste professionele wedstryd was op 27 Januarie 2016.
Du Preez is vir die tweede keer vir Suid-Afrika gekies vir die Rugbywêreldbeker in 2011. Die eerste wedstryd was teen Wallis wat Suid-Afrika gewen het danksy drieë deur François Steyn en een deur Francois Hougaard wat Du Preez opgestel het. Hy is toe afgehaal op 71 minute teen Fidji waar die Bokke met 49-3 gewen het. Du Preez is toe laat rus saam met 'n klomp ander spelers vir die wedstryd teen Namibië, wat aan mede-skrumskakel Francois Hougaard speelkans gegee het. Suid-Afrika het die wedstryd met 87-0 gewen. Suid-Afrika eindig bo-aan hul groep met 'n 13-5 oorwinning oor Samoa. In die uitklopfase is die Springbokke ongelukkig deur Australië verslaan.
Hy was van 2013 tot 2015 weer beskikbaar vir sekere van die Springbokke se toetse, tot die verligting van die keurders en die ondersteuners. Hy het op 31 Oktober 2015 sy laaste toets vir hulle gespeel, en wel as kaptein.
Voorafgegaan deur Schalk Burger |
Springbokkaptein 2015 |
Opgevolg deur Adriaan Strauss |