Die Franse oorsese gebiede (Frans: France d'outre-mer) is 13 gebiede wat deel van die Franse staatsgebied en die Europese Unie buite van Europa uitmaak. Die gebiede het 'n bevolking van 2 685 705 op 1 Januarie 2011 gehad.[1]
Die Franse oorsese gebiede is tot die grondwetlike wysiging van 23 Maart 2003 oorsese departement – oorsese Gebied (les DOM-TOM, Département d’outre-mer – Territoire d’outre-mer) genoem. Die gebiede is oorwegend voormalige Franse kolonies.
Die gebiede word ingedeel in oorsese départements (Départements d’outre-mer); oorsese kollektiewe gebiede (Collectivités d’outre-mer) met kollektiewe gebiede (collectivité territoriale), gebiede (territoire) en oorsese lande (pays d’outre-mer); spesiaal statuut (Statut spécifique) en onbewoonde gebiede (Territoires inhabités).
In die historiese konteks bestaan daar 'n verskil tussen kolonies en protektorate, wat onder Franse beheer, maar amptelik onafhanklike lande was.
Vlag | Wapen | Naam | Ligging | Status | Oppervlakte | Bevolking | Hoofstad |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Clipperton | Noord-Amerika en Stille Oseaan | Onbewoonde gebied | 11 km² | 0 | Geen | ||
Frans-Guyana | Suid-Amerika | Oorsese département en région | 83 846 km² | 229 000 (2009)[2] | Cayenne | ||
Frans-Polinesië | Oseanië en Stille Oseaan | Oorsese kollektief | 4 167 km² | 264 000 (2009)[3] | Papeete | ||
Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede | Indiese Oseaan en Suidelike Oseaan | Oorsese kollektief | 7 829 km² | 140 | Port-aux-Français | ||
Guadeloupe | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | Oorsese département | 1 628,43 km² | 404 000 (2009)[2] | Basse-Terre | ||
Martinique | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | Oorsese département | 1 128 km² | 402 000 (2009)[2] | Fort-de-France | ||
Mayotte | Afrika en Indiese Oseaan | Oorsese département | 374 km² | 186 452 (2007)[4] | Mamoudzou | ||
Nieu-Kaledonië | Oseanië en Stille Oseaan | Spesiaal statuut | 18 575,5 km² | 51 384 (2008)[5] | Nouméa | ||
Réunion | Afrika en Indiese Oseaan | Oorsese département | 2 512 km² | 817 000 (2009)[2] | Saint-Denis | ||
Saint-Martin | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | Oorsese kollektiewe gebied | 53,2 km² | 35 925 (2007)[6] | Marigot | ||
Sint Bartholomeus | Karibiese See en Atlantiese Oseaan | Oorsese kollektiewe gebied | 25 km² | 8 450 (2007)[6] | Gustavia | ||
Sint Pierre en Miquelon | Noord-Amerika en Atlantiese Oseaan | Oorsese kollektiewe gebied | 242 km² | 6 099 (2007)[6] | Sint Pierre | ||
Wallis en Futuna | Oseanië en Stille Oseaan | Oorsese kollektiewe gebied | 274 km² | 13 484 (2008)[7] | Matāʻutu |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Franse oorsese gebiede. |