George Boole | |
George Boole, ca. 1860
| |
Gebore | Lincoln, Lincolnshire, Engeland | 2 November 1815
---|---|
Oorlede | 8 Desember 1864 (op 49) Cork, Ierland |
Nasionaliteit | Engeland |
Vakgebied | Wiskunde, logika, Wiskundefilosofie |
Instelling(s) | Lincoln Mechanics' Institute Queen's College, Cork |
Bekend vir | Boolse algebra |
Beïnvloed deur | Aristoteles, Baruch Spinoza, Isaac Newton |
Invloed op | William Stanley Jevons, Augustus De Morgan, John Maynard Keynes, Charles Sanders Peirce, William Ernest Johnson, Claude Shannon, Victor Sjestakof |
George Boole (Engels: [buːl]; 2 November 1815 – 8 Desember 1864) was 'n grootliks self-geleerde Engelse wiskundige, filosoof en logikus, wat die meeste van sy kort loopbaan bestee het as die eerste professor van wiskunde by Queen's College, Cork in Ierland. Hy het in die velde van differensiaalvergelykings en algebraïese logika gewerk, en is die beste bekend as die skrywer van Die Wette van Denke (The Laws of Thought) (1854) wat Boolse algebra bevat. Boolse logika het die fondamente gelê vir die inligtingsera.
Boole is in Lincolnshire, Engeland gebore, as die seun van Johannes Boole senior (1779–1848), 'n skoenmaker[1] en Mary Ann Joyce. Hy het laerskoolonderwys asook lesse van sy vader ontvang, maar as gevolg van 'n ernstige daling in besigheid, het hy baie min verdere formele akademiese opleiding ontvang.[2] William Brooke, 'n boekhandelaar in Lincoln, het hom moontlik gehelp met Latyn, wat hy ook kon geleer het by die skool van Thomas Bainbridge. Hy het homself onderrig in moderne tale.[3] Toe 'n plaaslike koerant sy vertaling van 'n Latynse gedig gedruk het, het 'n geleerde hom beskuldig van plagiaat onder die idee dat hy nie in staat was daartoe nie.[4] Op die ouderdom van 16 het Boole die broodwinner geword vir sy ouers en drie jonger broers en susters deur 'n junior-onderrigpos in Doncaster by Heigham se Skool op te neem.[5] Hy het ook 'n kort tyd lank onderrig in Liverpool.[6]
Boole was betrokke by die Meganika Instituut, in die Greyfriars, Lincoln, wat gestig is in 1833.[7] Edward Bromhead, wat vir John Boole deur die instelling geken het, het vir George Boole gehelp met wiskundeboeke[8] en vir hom die calculus teks van Sylvestre François Lacroix deur Ds. George Stevens Dickson van St Swithin, Lincoln gegee. Sonder 'n onderwyser, dit het hom baie jare geneem om calculus te bemeester.
Op die ouderdom van 18, het Boole suksesvol sy eie skool gestig in Lincoln.[9] Vier jaar later het hy die Hall's Academy in Waddington, buite Lincoln, oorgeneem na die dood van Robert Hall. In 1840 het hy teruggetrek na Lincoln, waar hy 'n koshuis bedryf het. Boole het onmiddellik betrokke geraak by die Lincoln Topografiese Vereniging en gedien as 'n lid van die komitee. Op 30 November 1841 het hy 'n artikel aangebied getiteld "Oor die oorsprong, vordering en tendense van Politeïsme, veral onder die antieke Egiptenare, Perse en in moderne Indië".[10]
Boole het 'n prominente plaaslike figuur geword en 'n bewonderaar van John Kaye, die biskop.[11] Hy het deelgeneem aan 'n plaaslike veldtog vir die vroeë sluiting. Saam met Edmund Larken en ander het hy die bouvereniging gestig in 1847.[12] Hy was ook geassosieer met die chartiste Thomas Cooper, wie se vrou 'n kennis was.[13]
Vanaf 1838 het Boole kontak gemaak met simpatieke Britse akademiese wiskundiges en wyer gelees. Hy het algebra studeer in die vorm van simboliese metodes, so ver soos dit verstaan was in daardie tyd, en begin om navorsingsartikels te publiseer.
Boole se status as wiskundige is erken deur sy aanstelling in 1849 as die eerste professor van wiskunde by Queen's College, Cork (nou University College, Cork (UCC)) in Ierland. Hy het sy toekomstige vrou, Maria Everest, daar ontmoet in 1850, terwyl sy haar oom John Ryall, 'n Professor in Grieks, besoek het. Hulle is later in 1855 getroud.[14] Hy het sy bande met Lincoln behou, waar hy saam met met E.R. Larken gewerk het aan 'n veldtog om prostitusie te verminder.[15]
Boole is in 1855 bekroon met die Keith-medalje deur die Royal Society of Edinburgh[16] en is gekies as 'n Genoot van die Royal Society in 1857. Hy het ere-grade ontvang van die Universiteit van Dublin en die Universiteit van Oxford.[17]
In laat November 1864, het Boole vir drie myl in swaar reën geloop vanaf sy huis na die universiteit en in sy nat klere klasgegee.[18] Hy het kort daarna siek geword en longontsteking ontwikkel. Aangesien sy vrou geglo het dat oplossings dieselfde moet wees as hulle oorsaak, het sy haar man in die bed gesit en emmers water oor hom uitgegooi omdat die siekte deur water veroorsaak is.[19][20] Boole se toestand het versleg en op 8 Desember 1864,[21] het hy gesterf van 'n pleurale effusie.
Hy is begrawe in die Kerk van Ierland se begraafplaas van St Micheal in Kerkstraat, Blackrock, 'n voorstad van Cork. Daar is 'n gedenkplaat tot sy eer opgerig in die aangrensende kerk.[22]
Boolse algebra is na hom genoem, asook die krater Boole op die Maan. Die sleutelwoord Bool verteenwoordig 'n Boolse datatipe in baie programmeertale, alhoewel Pascal en Java, onder andere, beide die volle naam Boolean gebruik.[23] Die biblioteek, ondergrondse lesingsaalkompleks en die Boole-Sentrum vir Navorsing in Informatika[24] by die Universiteitskollege Cork is na hom vernoem. 'n Pad genaamd Boole Heights in Bracknell, Berkshire is na hom genoem.
Die werk van Boole en latere logikuste het aanvanklik gelyk asof dit geen ingenieurstoepassings het nie. Claude Shannon het 'n filosofie klas bygewoon by die Universiteit van Michigan waar hy blootgestel is aan Boole se werk. Shannon het besef dat Boole se werk die basis kan vorm van meganismes en prosesse in die regte wêreld en dat dit daarom baie relevant is. In 1937 het Shannon 'n meestersverhandeling geskryf by die Massachusetts Institute of Technology, waarin hy gewys het hoe Boolse algebra die ontwerp van stelsels van elektromeganiese relês, wat gebruik was in telefoon roetering skakelaars, the optimeer. Hy het ook bewys dat stroombane met met relês Boolse algebra probleme kan oplos. Die toepassing van die eienskappe van elektriese skakelaars om logiese bewerkings uit te voer is die basiese konsep wat onderliggend is aan alle moderne elektroniese digitale rekenaars. Victor Sjestakof by die Moskouse Staatsuniversiteit het al selfs vroeër as Shannon 'n teorie voorgestel van elektriese skakelaars gebaseer op Boolse logika in 1935, maar hulle het hul akademiese proefskrifte in 1938 in dieselfde jaar aangebied en die eerste publikasie van Sjestakof se resultate was eers in 1941. Sodoende het Boolse algebra die fondasie geword van digitale ontwerp en Boole, saam met Shannon en Sjestakof, het die teoretiese grondslag verskaf vir die Informasie Era.[25]
2015 was die 200ste herdenking van George Boole se geboorte. Om dit te vier, het University College Cork bewonderaars van Boole vanoor die wêreld byeen gebring om sy lewe en nalatenskap te vier.
Universiteitskollege Cork se George Boole 200 projek[26] het studente uitreik aktiwiteite gehou en akademiese konferensies aangebied oor Boole se nalatenskap vir die digitale era. 'n Nuwe uitgawe van Desmond McHale se 1985 biografie Die lewe en werk van George Boole: 'n Voorspel tot die Digitale Era, is ook uitgereik.[27]
Die soekenjin Google het sy 200ste verjaarsdag gevier op 2 November 2015 met 'n algebraïese Google Doodle.
Litchfield Cottage in Ballintemple, Cork, waar Boole gewoon het vir die laaste twee jaar van sy lewe, bevat 'n gedenkplaat vir Boole. Sy vorige woning in Grenville Place, word gerestoreer deur samewerking tussen die Universiteitskollege Cork en die Cork Stadsraad as die George Boole Huis van Innovasie.[28]
In 1855 is hy getroud met Mary Everest, wie later verskeie opvoedkundige werke oor haar man se beginsels geskryf het.
Die Booles het vyf dogters gehad:
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Wikimedia Commons bevat media in verband met George Boole. |