Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Georges Pludermacher (gebore op 26 Julie 1944) is 'n Franse klassieke pianis. Hy beskik oor 'n internasionale sololoopbaan en tree gereeld tydens die mees luisterryke feeste op.
Pludermacher is in Guéret gebore en het reeds op 3-jarige ouderdom begin klavier speel. Hy het op 11-jarige ouderdom by die Paryse Konservatoria ingeskryf en was 'n briljante student, met as onderwysers die volgende persone: Lucette Descaves, Jacques Février, Henriette Puig-Roget, en Geneviève Joy. Hy het daarna sy vaardighede geslyp tydens die somerkursusse in Lucerne onder Géza Anda. Teen die ouderdom van negentien jaar het hy die konservatoria met drie eerste pryse verlaat: klavier, kamermusiek en begeleiding. In 1967 het hy, geïnspireer deur sy belangstelling in kontemporêre musiek, die debuut gespeel van André Boucourechliev se Archipel I en vier jaar later Iannis Xenakis se Synaphaï. Hy het saam met ensembles soos die Domaine musical en die Ensemble Musique Vivante gewerk.
Internasionale pryse het kort daarna in die 1960's en 1970's gevolg. Pludermacher, wat ook diep geïnteresseerd is in kamermusiek, het reeds saam met Christian Ferras, Nathan Milstein, Ivry Gitlis, Yvonne Loriod, Michel Portal, Christian Ivaldi, Ernst Haefliger en Juri Bashmet opgetree. Hy het ook 'n duet gevorm saam met Jean-François Heisser.[1] Van 1968 af het hy solopianis van die Paryse Opera-orkes geword. Sy konsertloopbaan het daartoe gelei dat hy saam met van die grootste dirigente soos Georg Solti en die Chicago Simfonieorkes, Pierre Boulez en die Londen Sinfonietta, en Christoph von Dohnányi en die Orchestre National de France gewerk het. Hy is al uitgenooi na feeste in Aix-en-Provence, Avignon, Strasbourg, Salzburg, Montreux, Wene, Edinburgh, Florence, Barcelona, Madrid, en in 2003 as deel van die meesterklasse van die Académie française de Musique van Kioto.