'n Stuk gereedskap is 'n voorwerp wat gebruik word om die vermoë van 'n individuele voorwerp, of die omliggende omgewing, se eienskappe te verander. Hoewel diere gebruik maak van eenvoudige gereedskap, is dit slegs die mens wie se gebruik van klipgereedskap terugdateer na duisende jare gelede, waar gereedskap gebruik is om ander gereedskap te maak. 'n Stel gereedskap wat benodig word om verskillende take mee uit te voer, maar deels vir dieselfde aktiwiteit, word toerusting genoem.
'n Mens kan die term "gereedskap" aan baie dinge koppel (bv. 'n vurk), streng gesproke is 'n stuk gereedskap enige voorwerp wat gebruik kan word om 'n fisiese taak mee uit te voer en waarop 'n mate van krag op uitgeoefen kan word. Indien herhaalde gebruik die stuk gereedskap se doeltreffendheid belemmer (bv. 'n mes se lem), kan dit moontlik herstel word; as dit heeltemal breek, moet dit vervang word. Dus val 'n stuk gereedskap onder dieselfde kategorie as instrument, werktuig, of toestel.
Antropoloë glo dat die gebruik van gereedskap 'n belangrike stap was in die evolusie van die mensdom.[1] Omdat gereedskap op groot skaal gebruik was deur beide die mens en wilde sjimpansees, word dit algemeen aanvaar dat die eerste gebruik van gereedskap wat plaasgevind het, reeds was voor die onderskeid tussen die twee spesies duidelik geword het.[2] Hierdie vroeë gereedskap was egter van breekbare materiaal soos stokke gemaak, of het bestaan uit ongeslypte klippe, wat nie onderskei kon word van ander klippe as gereedskap nie.
Klipartefakte dateer terug na ongeveer 2,5 miljoen jaar gelede. 'n Studie in 2010 toon dat die hominine spesie, Australopithecus afarensis, vleis geëet het deur die karkasse van diere met klipimplemente te sny. Hierdie bevinding bevestig die gebruik van klipgereedskap onder hominine tot 3,4 miljoen jaar gelede.[3]
Vondse van werklike gereedskap in Ethiopië dateer ten minste 2,6 miljoen jaar terug.[4] Een van die vroegste onderskeibare klipgereedskapvorme is die handbyl.
Wapens van die vroeë mens wat tot onlangs opgegrawe is, was beskou as die enigste nuttige gereedskap. Nou word daar meer erkenning gegee vir die bydrae wat dit tot kultuur gemaak het. Behalwe vir jag, was ander gereedskap ook nodig, soos vir die voorbereiding van voedsel, om leer te bewerk, om graan te oes en om houtwerk mee te doen.
Gereedskap is die belangrikste items wat die antieke mens gehad het om tot bo aan die voedselketting te kom; deur die uitvind van gereedskap, was hulle in staat gestel om take te verrig wat die menslike liggaam nie kon nie, soos met die gebruik van 'n spies of pyl-en-boog om prooi dood te maak, aangesien hul tande nie skerp genoeg was om deur diere se velle te sny nie. "Man as die jagter" as die katalisator vir Hominine word egter bevraagteken. Gebaseer op die merke op die bene by argeologiese terreine, is dit nou meer duidelik dat die vroeë mens ge-aas het op karkasse van ander predatore, eerder as om prooi self dood te maak.[5]
Meganiese toestelle het 'n groot uitbreiding in Antieke Griekeland en Antieke Rome beleef met die sistematiese werk van nuwe bronne van energie, veral water. Die gebruike het uitgebrei deur die Donker Eeue met die toevoeging van windmeule.
Masjien gereedskap het 'n toename in die vervaardiging van nuwe gereedskap veroorsaak in die Industriële Revolusie. Voorstanders van nanotegnologie verwag 'n soortgelyke oplewing omdat gereedskap mikroskopiese in grootte word.[6][7]
Gereedskap kan geklassifiseer word volgens hul basiese funksies:
Sommige instrumente kan kombinasies van ander gereedskap wees. 'n Alarm-klok is 'n byvoorbeeld van 'n kombinasie van 'n meetinstrument (die klok) en 'n persepsie instrument (die alarm). Dit stel die alarm-klok in staat om 'n instrument te wees wat buite al die kategorieë hierbo genoem te wees.
Die vraag of beskermende toerusting onder gereedskap val word steeds debateer, aangesien hulle bydra tot die verrigting van werk, maar nie op 'n direkte manier nie. Hulle moet voldoen aan die algemene definisie van gereedskap en in baie gevalle is dit nodig vir die voltooiing van die werk. Persoonlike beskermende toerusting sluit items in soos handskoene, veiligheidsbril en oorpluisies.
'n Eenvoudige masjien is 'n meganiese toestel wat die rigting of die grootte van 'n krag verander.[8] Oor die algemeen is hulle die eenvoudigste meganismes wat gebruik maak van meganiese voordeel (ook genoem die hefboom) om krag te kan vermenigvuldig.[9] Die ses klassieke eenvoudige masjiene wat gedefinieer word deur die Renaissance wetenskaplikes is:
Dikwels, deur ontwerp of toeval, kan 'n instrument sleuteleienskappe met 'n ander stuk gereedskap deel. In hierdie geval kan sommige gereedskap as plaasvervangers vir ander dien. Een instrument om verskeie take te verrig, is vir baie werkers belangrik omdat dit nie altyd moontlik is om alles te dra nie; soos 'n skrynwerker wat nie noodwendig heeltyd in 'n werkswinkel kan wees nie en soms by 'n kliënt se huis is. Instrumentvervanging kan breedweg verdeel word in twee klasse: "vervanging-deur-ontwerp", of "multi-doel", en die vervanging as 'n tydelike oplossing. "Vervanging-deur-ontwerp" sou wees gereedskap wat spesifiek ontwerp is om verskeie take te verrig met behulp van slegs daardie een instrument.
'n Multi-instrument is 'n hulpmiddel wat verskeie funksies in 'n enkele draagbare toestel inkorporeer; die Switserse weermag mes verteenwoordig een van die vroegste voorbeelde. Ander gereedskap het 'n primêre doel, maar inkorporeer ook ander funksies.
Waarneming het bevestig dat 'n aantal spesies gereedskap kan gebruik, insluitend ape, bobbejane, olifante, verskeie voëls, en die see-otters. Filosowe het oorspronklik gedink dat net die mens oor die vermoë beskik om gereedskap te maak, totdat dierkundiges voëls[10] en ape waargeneem het wat gereedskap maak.[11][12] Nou kan dit moontlik betwyfel word of die mens die enigste spesie is wat gereedskap gebruik om ander gereedskap te maak.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)