Germiston | |
---|---|
Die sentrale sakekern van Germiston | |
Koördinate: 26°13′4″S 28°10′2″O / 26.21778°S 28.16722°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Ekurhuleni |
Stigting | 1886[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 143,27 km2 (55,32 vk. myl) |
Hoogte | 1 620 m (5 310 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 255 863 |
• Digtheid | 1 786/km2 (4 630/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 31.3% |
• Indiërs/Asiërs | 3.0% |
• Bruin mense | 2.3% |
• Swart mense | 62.3% |
• Ander | 1.1% |
Taal (2011) | |
• Engels | 24.3% |
• Afrikaans | 16.6% |
• Zoeloe | 16.6% |
• Xhosa | 9.4% |
• Ander | 33.1% |
Poskode (strate) | 1401 |
Poskode (posbusse) | 1400 |
Skakelkode | 011 |
Germiston is 'n stad aan die Oos-Rand van Gauteng en is Suid-Afrika se agtiende grootste nedersetting. Dit beskik oor Suid-Afrika se grootste spoorwegaansluiting en die besigste burgerlike lughawe, die Randse Lughawe. Sewe spoorlyne uit verskillende rigtings sluit by die spoorwegstasie aan.
Die dorp is in die vroeë dae van die goudstormloop gestig, toe twee prospekteerders, ene John Jack van die plaas Germiston naby Glasgow in Skotland en August Simmer van Vacha in Duitsland goudneerslae ontdek het op die plaas Elandsfontein. Albei van hulle het ryk geword daaruit en die dorp het langs die myn, Simmer & Jack, ontstaan. Die myn is in 1964 gesluit nadat dit reeds 15 miljoen onse goud opgelewer het. Die dorp het in 1903 'n munisipaliteit geword en het in 1950 stadstatus verkry. Die wêreld se grootste goudraffinadery, die Rand Refinery, is in 1921 in Germiston geopen.
Germiston is nou deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, oos van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit. Die stad is ook die tuiste van die Wesbank Motorrenbaan (waar die bekende Gosforth Park perderenbaan geleë was). Op die Germistonmeer word ook verskeie soorte watersport beoefen.
Bekende mense wat van Germiston af kom, sluit in: