Gespikkelde borseltand | |
---|---|
Onvolwassene te Réunion, en 'n volwassene aan die Natalse kus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Perciformes |
Familie: | Acanthuridae |
Genus: | Ctenochaetus |
Spesie: | C. truncatus
|
Binomiale naam | |
Ctenochaetus truncatus J. E. Randall & Clements, 2001
|
Die gespikkelde borseltand (Ctenochaetus truncatus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan; ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as spotted bristletooth of Indian gold-ring bristle-tooth.
Die vis word tot 18 cm lank. Die kop en en lyf is geelbruin tot donkerbruin en bedek met klein, ligte kolletjies. Die rante van die dorsale en anale vinne is ligblou en daar is 'n geel ring om die oë. Die onvolwasse vissies is helder geel en daar is blou rante op die dorsale en anale vinne.
Die vis leef in rotsagtige gebiede en aflandige riwwe in water van 2 tot 40 m, maar gewoonlik in water wat vlakker as 15 m is. Hier verkies hulle die rante en hellings van die riwwe. Hulle is alleenlopers maar kan ook in klein groepies voorkom. Die vis vreet alge en detritus. Die spesie is redelik volop.