Gestreepte skoonmakergarnaal | |
---|---|
S. hispidus van Batu Moncho, Indonesië | |
![]() | |
'n Spesie te Cod Hole, Ribbon Reefs, Groot Koraalrif | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Infraorde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. hispidus
|
Binomiale naam | |
Stenopus hispidus |
Die gestreepte skoonmakergarnaal (Stenopus hispidus) is 'n skoonmakergarnaal wat in alle tropiese riwwe voorkom; ook in die waters van die noorde van KwaZulu-Natal tot op dieptes van 200 m. In Engels staan die seedier bekend as die Banded cleaner shrimp.
Die seedier word tot 50 mm lank; die mannetjie is kleiner as die wyfie. Dit is deursigtig met rooi en wit strepe oor die bene en lyf. Die derde stel loopbene is dik met knypers terwyl die ander bene dun is. Die basis waar die derde paar bene aan die lyf heg is blou.
Hulle kom gewoonlik in pare voor en word soms gevind waar hulle onderstebo hang. Die seedier wag in skeure of onder lyste om vis skoon te maak; hulle trek aandag deur hul vier wit antennas te waai. Hulle verwyder dan parasiete, fungi en beskadigde vlees wat geëet word. Hulle bly gewoonlik in kontak met die rots maar gaan soms in die monde en kieue van visse in.
Die seedier kom algemeen voor.