Golda Meir גולדה מאיר (he) | |
In 1959 | |
Minister van Binnelandse Sake
| |
Ampstermyn 16 Julie 1970 – 1 September 1970 | |
Voorafgegaan deur | Haim-Moshe Shapira |
---|---|
Opgevolg deur | Yosef Burg |
Ampstermyn 17 Maart 1969 – 3 Junie 1974 | |
Voorafgegaan deur | Yigal Allon (wnd.) |
Opgevolg deur | Yitzhak Rabin |
Minister van Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 19 Junie 1956 – 12 Januarie 1966 | |
Voorafgegaan deur | Moshe Sharett |
Opgevolg deur | Abba Eban |
Minister van Arbeid (en Sosiale Sake)
| |
Ampstermyn 10 Maart 1949 – 19 Junie 1956 | |
Voorafgegaan deur | Mordechai Bentov |
Opgevolg deur | Mordechai Namir |
Lid van die Knesset
| |
Ampstermyn 4 Mei 1948 – 10 Junie 1974 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Golda Mabovitch 3 Mei 1898 Kiëf, Russiese Ryk (tans Oekraïne) |
Sterf | 8 Desember 1978 (op 80) Jerusalem, Israel |
Politieke party | Mapai (tot 1968), Ha'Avoda (Arbeidsparty, 1968-1978), boonop: HaMa'arakh (Die Belyning, 1969-1978) |
Eggenoot/-note | Morris Meyerson († 1951) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van Wisconsin-Milwaukee |
Golda Meir, oorspronklik Golda Meyerson, (1898 - 1978) was 'n Israelse vakbondleier, diplomaat en politikus wat aan die linkse Mapai- en Ha'Avoda-partye behoort het.
Meir was in die Russiese Ryk gebore, het in 1906 na die Verenigde State van Amerika en in 1921 na die Britse mandaat van Palestina geëmigreer.
Sy was 'n leier van die Joodse vakbond Histadrut, en van 1948 tot 1949 die eerste Israelse ambassadeur in die Sowjetunie.
Meir was vanaf 1949 tot 1956 die minister van Arbeid (en Sosiale Sake), van 1956 tot 1966 die minister van Buitelandse Sake, en van 1969 tot 1974 die vierde eerste minister van Israel gewees. Tydens haar premierskap het die Jom Kippoer-oorlog in 1973 plaatsgevind.
Voorafgegaan deur Yigal Allon (wnd.) |
Eerste Minister van Israel 1969-1974 |
Opgevolg deur Yitzhak Rabin |