Gousiekteboom

Gousiekteboom, gifbruidsbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Gentianales
Familie: Rubiaceae
Genus: Pavetta
Spesie:
P. schumanniana
Binomiale naam
Pavetta schumanniana
F.Hoffm. ex K.Schum. 1895

Gousiekteboom[2] of gifbruidsbos (Pavetta schumanniana F.Hoffm. ex K.Schum.) is 'n boom wat inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga in Suid-Afrika is. Die spesie kom ook Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kameroen, Kaprivistrook in Namibië, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe voor.

Dit is 'n struik of boom van 3,5 tot 8,5 m hoog. Die blare groei in groepies van drie en is eiervormig, 6-15 cm lank en 2,0-7,5 cm breed. Hul bokant is glansend groen, die onderkant het sagte grys hare. Die blomme is wit en geurig. Hulle groei in digte klompies. Die plant is giftig en veroorsaak gousiekte wat hartaanvalle onder herkouers ten gevolg het.[3]

Nes die ander vyf spesies wat gousiekte verwek, het die plant endosimbiontiese bakterieë in sy blare. Watter rol hierdie bakterieë speel is nie heeltemal duidelik nie. Daar is eers gedink dat hulle stikstof bind, maar dit kan nie aangetoon word nie. Die bakterie vorm swart knobbeltjies op die blare en langs die are. Hierdie bakterieë is ook aanwesig in die vrugte. Indien die vrugte in kokende water gedompel word is dit moontlik 'kreupele' plante sonder bakterieë te verkry. Hul groei is abnormaal. [4]

Die boom se FSA-nommer is 721.[5]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysing

[wysig | wysig bron]
  1. https://www.iucnredlist.org/species/146201470/146201472
  2. Saunders Comprehensive Veterinary Dictionary, Virginia P. Studdert, Clive C. Gay, Douglas C. Blood, 2011, ISBN 0-7020-4744-9, ISBN 978-0-7020-4744-2
  3. "PlantZAfrika" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2017. Besoek op 30 November 2016.
  4. "PlantZAfrika" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2016.
  5. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Bronne

[wysig | wysig bron]