Graeme Smith

Graeme Smith
Graeme Smith in 2012
Volle naam Graeme Craig Smith
Gebore 1 Februarie 1981 (1981-02-01) (43 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
Bynaam(e) Biff
Lengte 1.88 m
Kolfstyl Linkshandig
Boulstyl Regterarm wegbreker
Rol Aanvangskolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 288) 8-12 Maart 2002 v Australië
Laaste Toets 1 Maart 2014 v Australië
Toetshempno. 49
EDI debuut (no 68) 30 Maart 2002 v Australië
Laaste EDI 27 November 2013 v Pakistan
EDI hempno. 15
T20I debuut (no 12) 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 16 Oktober 2011 v Australië
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2008 - Rajastan Royals (spanno. 15)
2005 Somerset
2004/05-2006/07 Kaapse Kobras
2000/01-2003/04 Westelike Provinsie
1990–2000 Gauteng
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets    EDI     1e rang A-lys     T20
Wedstryde 117 197 160 259 81
Lopies aangeteken 9,265 6989 12653 9331 2282
Kolfgemiddeld 48.25 38.48 49.23 39.20 30.42
100s/50s 27/38 10/47 36/50 14/67 1/11
Hoogste telling 277 141 311 141 105
Aflewerings geboul 1,418 1026 1786 1968 96
Paaltjies 8 18 11 47 4
Boulgemiddeld 110.62 52.83 102.90 38.21 37.00
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0 0 - -
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 nvt 0 nvt nvt
Beste boulontleding 2/145 3/30 2/145 3/30 3/23
Vangskote/Stonkings 169/- 105/- 231/- 137/- 35/-
Bron: cricinfo, 5 Maart 2014

Graeme Craig Smith (gebore 1 Februarie 1981 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler en was kaptein en lid van Suid-Afrika se nasionale krieketspan. In 2003 is hy aangestel as kaptein van die Proteas, en het oorgeneem van Shaun Pollock. Hy het die posisie van die toetskaptein tot sy aftrede gehou op 5 Maart 2014.[1] Hy word beskou as een van die beste Suid-Afrikaanse spelers van alle tye. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2003, 2007 en 2011, die Kampioenetrofeë in 2002, 2004, 2006 en 2009, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010 vir Suid-Afrika gespeel.

Toetskaptein

[wysig | wysig bron]

Op 1 Februarie 2013 lei Smith 'n span vir die 100ste keer op die veld (99 keer die Proteas en een keer die Wêreld XI), die eerste speler ooit wat die mylpaal bereik. Op 24 Februarie 2013 lei Smith die Proteas tot 'n toetssege oor Pakistan en word die eerste toetskaptein ooit wat 50 toetsseges behaal.

Rekords

[wysig | wysig bron]
Graeme Smith in 2006
  • Smith hou die wêreldrekord van kaptein in die meeste aantal toetswedstryde. Hy is ook die enigste toetskaptein wat meer as 100 toetswedstryde speel. (109-108 as kaptein vir Suid-Afrika en 1 vir die IKR).[2]
  • Smith hou die wêreldrekord van die hoogste aantal oorwinnings in toetswedstryde as 'n kaptein met 53 oorwinnings.
  • Smith hou die meeste 100s (15) deur 'n kaptein in toetswedstryde.
  • Hy hou ook die wêreldrekord vir 'n nie-paaltjiewagter, met die meeste vangste (82) in toetswedstryde.[3]
  • Vinnigste Suid-Afrikaanse krieketspeler om 1000 toetslopies te bereik.[4]
  • Smith hou die rekord van die meeste toetslopies as kaptein (8659).[5]
  • Hy hou saam met Jacques Kallis die rekord vir die hoogste vennootskap as debutante in T20-wedstryde (84 om die 1ste paaltjie).[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Fourth-innings hero, and captain extraordinaire". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2014.
  2. (en) "Captaincy records | Test matches | Cricinfo Statsguru | ESPN Cricinfo". Stats.espncricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 5 Mei 2014.
  3. (en) "All-round records | Test matches | Cricinfo Statsguru | ESPN Cricinfo". Stats.espncricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2015. Besoek op 5 Mei 2014.
  4. (en) "Records | Test matches | Batting records | Fastest to 1000 runs | ESPN Cricinfo". Stats.espncricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 5 Mei 2014.
  5. (en) "Most test runs as captain". Howstat. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 5 Mei 2014.
  6. (en) "Highest partnership for any wicket as debutants in T20I history". cricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2019. Besoek op 6 Januarie 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]