Gregor Mendel | |
Geboortenaam | Johann Mendel |
---|---|
Gebore | 20 Julie 1822 Heinzendorf bei Odrau, Keiserryk Oostenryk (tans Hynčice, Tsjeggië) |
Oorlede | 6 Januarie 1884 (op 61) Brno (Brünn), Oostenryk-Hongarye (tans Tsjeggië) |
Nasionaliteit | Keiserryk van Oostenryk-Hongarye |
Vakgebied | genetika |
Instelling(s) | Sint Thomas se Abbey |
Alma mater | Universiteit van Olomouc Universiteit van Wene |
Bekend vir | skepping van die wetenskap oor genetika |
Gregor Johann Mendel (20 Julie 1822 - 6 Januarie 1884) was 'n Tsjeggies-Oostenrykse monnik wat in sy vrye tyd geëksperimenteer het met ertjieplante. Gregor Mendel word gereeld die vader van genetika genoem omdat hy met sy ertjie-eksperimente verskeie oorerwingspatrone in die plante opgemerk het wat hy geformuleer het tot die wette van Mendel.
Die standaard skrywerafkorting Mendel word gebruik om Gregor Mendel as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.