| ||||
Kaart van Suider-Afrika in die 19de eeu | ||||
Hoofstad | Kimberley 28°45′S 24°46′O / 28.750°S 24.767°O | |||
Taal/Tale | Engels, Nederlands, Afrikaans | |||
Regering | Republiek | |||
President | Stafford Parker | |||
Geskiedenis | ||||
- Gevestig | 1870 | |||
- Ontbind | 1870 | |||
Area | 40 000 km2 15 444 sq mi |
Griekwaland-Wes is 'n streek in Sentraal-Suid-Afrika, wat nou deel uitmaak van die provinsie Noord-Kaap. Die gebied is oorspronklik deur die Griekwas bewoon.
Griekwaland-Wes het in 1873 'n Britse kolonie geword, met Kimberley as sy hoofstad. In 1880 is die gebied deur die kolonie Kaap die Goeie Hoop geannekseer. Met die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het Griekwaland-Wes 'n deel van die Kaapprovinsie geword, maar het nog steeds sy eie "provinsiale" sportspanne behou.
Nog 'n gebied wat deur die Griekwas bewoon is nadat hulle uit Griekwaland-Wes weggetrek het deur die Vrystaat en Lesotho, het eers as Niemandsland bekend gestaan, maar nadat dit in 1878 deel van die Kaapkolonie geword het, is dit Griekwaland-Oos gedoop.