Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Grootskulp | |
---|---|
Twee aansigte van die dop van 'n grootskulp met die operkulum sigbaar. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
(geen rang): | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. lampas
|
Binomiale naam | |
Charonia lampas (Linnaeus, 1758)
| |
Sinonieme | |
Sien lys |
Die grootskulp (Charonia lampas pustulata) is 'n seeslak wat voorkom vanaf die noorde van KwaZulu-Natal tot by Valsbaai. In Engels staan die slak bekend as die Pink Lady.
Die slak word tot 230 mm lank en het 'n groot, swaar dop met 'n dik wand. Dit is lig rooi-bruin of oranje met donker, onreëlmatige vlekke op die dop. Die diertjie het 'n dowwe rooi-bruin voet en die operkulum is duidelik sigbaar.
Hulle leef in rotsriwwe in water wat tot 60 m diep is. Die onvolwasse diertjie leef in vlak rotspoele. Die dier is 'n roofdier wat seekastaiings, seesterre en seekomkommers vreet. Die spesie is redelik volop.