HD 209458
| ||||
Sterrebeeld | Vlieënde Perd | |||
Spektraaltipe | G0V[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 03m 10,8s[1] | |||
Deklinasie | +18° 53′ 04″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 7,65[1] | |||
Absolute magnitude (M) | 4,28 ±0,10[2] | |||
B-V-kleurindeks | +0,574 ±0,014[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,13 -0,02+0,03[3] | |||
Radius (R☉) | 1,14 -0,05+0,06[3] | |||
Ligsterkte (L☉) | 1,61 | |||
Ouderdom (jaar) | (4 ± 2) × 109[2] | |||
Temperatuur (K) | 6 000 ±50[2] | |||
Afstand (ligjaar) | 154 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | 0,00 ±0,02[2] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | EP[4] | |||
Planete | 1 | |||
Ander name | ||||
BD +18°4917, SAO 107623, V376 Peg, HIP 108859 | ||||
|
HD 209458 is ’n ster in die sterrebeeld Vlieënde Perd met ’n skynbare magnitude van sowat 7,65. Dit is ’n tipe G0V-ster en dus soortgelyk aan die Son. Omdat dit sowat 150 ligjare van die Aarde af is, is dit nie met die blote oog sigbaar nie maar wel met ’n goeie verkyker of klein teleskoop.[1]
In 1999 het twee spanne wat onafhanklik van mekaar gewerk het, ’n eksoplaneet om die ster ontdek met behulp van die radialesnelheidsmetode. Kort daarna het twee aparte spanne ’n oorgang van die planeet met sy ster waargeneem. Dit was die eerste bekende oorgangsplaneet buite die sonnestelsel.[5] Dit het die naam HD 209458 b gekry.
Omdat die planeet voor die ster verbybeweeg soos van die Aarde af gesien, verdof die ster elke 3,5 dae met sowat 2%; dit is dus ’n ekstrinsieke veranderlike. Sy naam as veranderlike ster is V376 Pegasi. Dit is die prototipe van klas "EP" in die General Catalogue of Variable Stars – dit is sterre wat deur hul planete verduister word.[4][6]
HD 209458 b is ’n eksoplaneet wat om die ster wentel. Spektroskopiese studies het op 5 November 1999 die eerste keer die teenwoordigheid van ’n planeet aangedui. Die planeet word nou nog skerper waargeneem vandat dit bekend geword het sy atmosfeer bevat dalk waterdamp. Travis Barman van die Lowell-sterrewag in Flagstaff, Arizona, het die emissiespektrum van die planeet ondersoek en hy glo daar is water in die atmosfeer,[7] hoewel vorige studies[8] daarop gedui het dat die atmosfeer hoofsaaklik uit silikaatwolke bestaan.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | — | 0,045 | 3,52474541 ± 0,00000025 | 0,00 | — | — |
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |name-list-format=
geïgnoreer (hulp)
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |name-list-format=
geïgnoreer (hulp)