Hardekool

Hardekool
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Myrtales
Familie: Combretaceae
Genus: Combretum
Spesie:
C. imberbe
Binomiale naam
Combretum imberbe
Wawra, (1860)
Sinonieme
  • Combretum imberbe var. dielsii Engl.
  • Combretum imberbe var. petersii (Klotzsch) Engl. & Diels
  • Combretum imberbe var. truncatum (Welw. ex M.A.Lawson) Burtt Davy
  • Combretum petersii (Klotzsch) Engl.
  • Combretum primigenum Marloth ex Engl.
  • Combretum truncatum Welw. ex M.A.Lawson
  • Argyrodendron petersii Klotzsch

Hardekool (Combretum imberbe) is 'n boom wat wydverspreid voorkom in die bosveld en langs riviere of droë waterweë noord van die 26° breedtegraad. Die boom wissel in grootte, van klein tot baie groot. Die diep gesplete bas van die boom is kenmerkend. Die blare is grysgroen en word gedra aan klein takkies met dorings aan hulle punte. Die hout is van die swaarste timmerhout maar word min gebruik omrede dit so moeilik verwerk. Voordat metaal beskikbaar was, is skoffellemme van die hout gemaak.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]

Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voor.

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]