Harshavarman III | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Bewind | 1066 tot c. 1080 |
Voorganger | Udayadityavarman II |
Opvolger | Jayavarman VI |
Dinastie | Khmer-ryk |
Vader | Suryavarman I |
Postume naam | Sadasivapada |
Harshavarman III (Khmer: ហស៌វរ្ម័នទី៣) was van 1066 tot omstreeks 1080 koning van die Khmer-ryk nadat hy sy ouer broer, Udayadityavarman II, opgevolg het.[1]:139[2]:376 Sy hoofstad was die sogenaamde "Tweede Yasodharapura", met in sy middel die tempel Baphuon, wat deur sy broer laat bou is. Sy belangrikste reservoir was die Wes-Baray.
Sy bewind is gekenmerk deur interne rebellies wat hy nie kon onderdruk nie. Harshavarman III was dus die laaste heerser van sy dinastie. Sy opvolger, Jayavarman VI, was ’n troonrower van die Phimai-gebied in die hedendaagse Thailand.[3]:107
Harshavarman III is genoem in stele K.908[4] by Preah Khan as ’n afstammeling deur sy ma van Jayavarman VII, hoewel ’n lang dispuut oor die saak geheers het.[5]
Tussen 1074 en 1080 is die ryk binnegeval deur die Champa-prins Pang, ’n jonger broer van koning Harivarman IV en self later koning Paramabodhisattva.[1]:152[6]:72
Harshavarman het ná sy dood die postume naam Sadasivapada gekry.[1]:152