Heather J. Zar | |
---|---|
Alma mater |
|
Vakgebied |
|
Instellings |
|
Heather J. Zar is 'n Suid-Afrikaanse dokter en wetenskaplike wat spesialiseer in die versorging van kinders met respiratoriese siektes soos asma, tuberkulose en longontsteking.
Zar is die voorsitter van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Universiteit van Kaapstad[1] en dien ook as die President van die Pan-Afrika-torakale vereniging.[2]
Haar werk oor MIV/VIGS-verwante longsiekte het gehelp om riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie en nasionale riglyne te verander.[3] Zar het wêreldwyd aandag verdien met haar werk aan die gebruik van laekoste-herwinde plastiekbottels as asma-spasieerders,[Nota 1] om kinders te help om asmamedikasie makliker in te asem.[4] Sy is een van die leiers van 'n kohortstudie van ongeveer 1 000 kinders wat noukeurig opgevolg word om voorkomende strategieë vir kinderlongsiekte en ander kwale beter te verstaan en te ontwikkel.[5] Robert Mellins, Emeritus Professor en voormalige Direkteur van die Pediatriese Pulmonêre Afdeling aan die Columbia Universiteit, en 'n voormalige president van die American Thoracic Society het gesê dat Zar "bygedra het tot ons begrip van die voorkoming, voorkoms, diagnose en behandeling van respiratoriese siektes en het ’n daadwerklike bydrae tot kindergesondheid gelewer.”[1]
Sy is 'n lid van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika[6] en het meer as 300 wetenskaplike artikels gepubliseer.[7]
{{cite web}}
: CS1 maint: unfit URL (link)