Hentai (変態 of へんたい, letterlik "pervert") is ’n woord van Japannese oorsprong en is kort vir hentai seiyoku (変態性欲, "perverse seksuele begeerte".[1] Die oorspronklike betekenis van hentai in Japannees is "transformase" of "metamorfose". Die implikasie van perversie het daaruit ontstaan.
In Japannees word die woord gebruik vir enige soort perverse of bisarre seksuele begeerte of kuns; dit is nie ’n spesifieke genre nie. Internasionaal het hentai die betekenis gekry van ’n spesifieke genre van pornografiese anime en manga. Die betekenis in Japan en in die res van die wêreld is soms glad nie verenigbaar nie.
Die woord "hentai" is ’n samestelling van hen (変, "verandering", "vreemd") en tai (態, "voorkoms" of "toestand"). Dit beteken ook "perversie" of "abnormaliteit", veral as dit as ’n byvoeglike naamwoord gebruik word.[2] Hoewel die term oorsee die naam van ’n spesifieke genre geword het, het dit nie in Japan dié betekenis nie. Pornografie in Japan word gewoonlik bloot aangedui as 18-kin (18禁, "verbode vir iemand onder 18") of seijin manga (成人漫画, "volwasse-manga").[1] Minder amptelike aanduidings van pornografie is ero anime (エロアニメ, erotiese anime), ero manga (エロ漫画) en die Engelse afkorting AV (vir adult video).
Die internasionale betekenis verskil hiervan. Volgens Oxford Dictionary Online is hentai "a subgenre of the Japanese genres of manga and anime, characterized by overtly sexualized characters and sexually explicit images and plots".[3]
Japannese erotiese kuns het al bestaan lank voor die term hentai, maar kunswerke en strokiesprente in die hentai-styl het ontstaan ná die publikasie van Azuma Hideo se Cybele in 1979. Die eerste hentai in anime was in 1984, met die uitreiking van Wonderkid se Lolita Anime. Erotiese speletjies het die ekononise styl in 1985 begin gebruik om seksdade uit te beeld in Tenshitachi no Gogo.
Sedert 1907 word die publikasie van obsene materiaal in Japan verbied, veral sekstonele tussen ’n man en vrou. Skaamhare word veral as obseen beskou. Omdat sensuur vereis word vir gepubliseerde werke, word balkies oor prente gebruik en mosaïekverdowwing in pornovideo's. In 1986 het Toshio Maeda probeer om die sensuurreëls te systap deur tentakelseks te skep.[4] Dit het gelei tot ’n groot aantal werke waarin mense seks het met monsters, demone, robotte en buiteaardse wesens, wie se geslagsdele anders as die mens s’n lyk.
Nog ’n gevolg van die wet was dat kunstenaars tot in 1991 karakters begin uitbeeld het met die minimum anatomiese detail en sonder skaamhare. ’n Deel van die verbod is toe opgehef,[5] hoewel dit nie geld vir anime en manga nie omdat dit nie as artistieke uitsonderings beskou word nie.[6]
Werke word ook steeds gesensureer, verander en selfs verbied. In die Amerikaanse uitreiking van La Blue Girl is die heldin se ouderdom van 16 tot 18 verhoog, tonele met ’n dwerg-ninja met die naam Nin-nin is uitgesny en die Japannese verdowwing op geslagsdele is verwyder.[7] Britse sensors het die kyk en verspreiding van die prent verbied.[7][8] In 2011 het die Liberaal-Demokratiese Party in Japan probeer om die subgenre lolicon te laat verbied.[9][10]
Die hentai-genre kan in verskillende subgenres verdeel word, waarvan die grootstes heteroseksuele en homoseksuele seks is. Dié met hoofsaaklik homoseksuele dade is bekend as yaoi (man-man) en yuri (vrou-vrou). Yaoi, en in ’n mindere mate yuri, is gewoonlik gemik op lede van die teenoorgestelde geslag as wat uitgebeeld word. Hoewel dit nie altyd eksplisiet is nie, word dit meestal verbind met pornografie.[11]
Hentai hou dikwels verband met seksuele fetisje.[12] Dit sluit talle subgenres in. Die grootste subgenre is futanari (hermafroditisme), wat meestal ’n vrou met ’n penis of soortgelyke apparaat uitbeeld in plaas van of saam met gewone vroulike geslagsorgane.[13] Futanari-karakters het gewoonlik seks met ander vroue en is die ondergeskikte maat as ’n man betrokke is; uitsonderings is die werk van onder andere Yonekura Kengo wat vroulike bemagtiging en dominansie uitbeeld.[13]
Term | Japannees | Soort | Beskrywing |
---|---|---|---|
Yaoi | やおい | Geslag | Manlike homoseksualiteit |
Yuri | 百合 | Geslag | Vroulike homoseksualiteit |
Lolicon | ロリコン | Geslag en ouderdom | Minderjarige meisies van voor, tydens of ná puberteit, beide homo- en heteroseksueel. |
Shotacon | ショタコン | Geslag en ouderdom | Minderjarige seuns van voor, tydens of ná puberteit, beide homo- en heteroseksueel. |
Term | Japannees | Soort | Beskrywing |
---|---|---|---|
Bakunyū | 爆乳 | Festisj | Vroue met groot borste.[14] Die woord beteken letterlik "ontploffende borste".[15] ’n Subgenre binne die genre hentai-anime.[16] |
Katvrou/Nekomimi | 猫耳 | Festisj en geslag | Vroue met die eienskappe van ’n kat, soos katore, ’n katstert en snorbaard. |
Futanari | ふたなり | Festisj | Hermafrodiete of transseksuele met falliese geslagsdele (’n penis met skrotum, net ’n penis of ’n vergrote klitoris), met of sonder ’n vagina. |
Bloedskande | Festisj | Seks tussen gesinslede. | |
Netorare | Festisj | Verkulling van ’n lewensmaat. | |
Omorashi | おもらし / お漏らし | Festisj | ’n Vorm van watersports. |
Tentakel-erotika | 触手責め | Tentakels | Uitbeelding van monsters en ander kreature met tentakels wat seks het met meisies of hulle verkrag; minder algemeen ook met seuns. |
Josouseme | 女装攻め | Festisj | ’n Transgender, fopdosser of verwyfde man wat die voortou in die seks neem (seme) of die seksmaat domineer. |
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)