Hermann von Waltershausen | |
---|---|
Gebore | 12 Oktober 1882 Göttingen |
Sterf | 14 Junie 1954 (op 71) München |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Komponis |
Hermann Wolfgang Sartorius Freiherr von Waltershausen (* Göttingen, 12 Oktober 1882 – † München, 14 Junie 1954) was 'n Duitse komponis, dirigent, pedagoog en skrywer.
Hy was die seun van die ekonoom August Sartorius von Waltershausen (1852–1938) en sy vrou Charlotte Freiin von Kapherr, 'n afstammeling van die geskiedkundige Georg Friedrich Sartorius. Hy het van 1901 tot 1907 komposisie studeer by Ludwig Thuille in München.[1] Hy het ook van 1905 tot 1915 klavier gestudeer onder August Schmid-Lindner.
Op die ouderdom van nege jaar is Von Waltershausen met Hodgkin se siekte gediagnoseer. Ten einde die verspreiding daarvan te verhoed het dokters sy regterarm en -been geamputeer.[2] Dit het Waltershausen egter nie daarvan weerhou om 'n musikale loopbaan na te jaag nie - hy het gespesialiseer in linkshandige klavieruitvoerings met Schmid-Lindner, en het met sy linkerhand gedirigeer.
Von Waltershausen se grootste professionele sukses was die opera Oberst Chabert, wat hy aangepas het van die roman deur Honoré de Balzac. Die karakterisering en patos van Waltershausen se libretto was wyd bewonder deur sy tydgenote, dikwels in groter mate as die musiek self. Die komponis en kritikus Edgar Istel het as volg kommentaar gelewer, "Alhoewel Waltershausen homself nog nie bewys het as 'n musikant van groot belang nie, moet mens sy ontwikkeling as dramaturg met groot belang dophou."[3] Waltershausen het ook die libretto geskryf vir Hermann Zilcher se komiese opera Doktor Eisenbart.
Baie van von Waltershausen se komposisies is tydens die Tweede Wêreldoorlog vernietig, die volgende lys verteenwoordig werke wat steeds bestaan in gepubliseerde vorm of in manuskripvorm in von Waltershausen se dokumente in die Stadtbibliothek München.[4]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek (link)